Beurtkrag Woensdagaand toegepas

Argieffoto

Argieffoto

Eskom het Woensdagaand aangekondig dat hy reeds fase 2-beurtkrag begin toepas het nadat fase 1-beurtkrag van 17:00 af ingestel is.

Volgens Eskom is beurtkrag ingestel weens ʼn verlies aan bykomende opwekkingskapasiteit. Beurtkrag sal tot 22:00 Woensdagaand toegepas word. “Ons vra om verskoning vir die ongerief,” het die kragverskaffer gesê.

Eskom het die afgelope ruk sogenaamde “instandhoudingsfeeste” gehou waartydens ingenieurs grootskaalse instandhouding gedoen het om gereed te maak vir die winter.

Brian Molefe, Eskom se waarnemende uitvoerende hoof, het vroeër die week aan parlementslede gesê Eskom sal teen die einde van vanjaar ʼn bykomende 3 000MW moet kry. Eskom spook om die ligte aan te hou weens een van sy steenkoolbergingsilo’s wat ineengestort het, dieseltekorte en instandhoudingsprobleme.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

CHRISTA ·

Wil Eskom beweer dat hulle ontrafel agv EEN steenkoolbergingsilo wat ineengestort het? Eskom se grootste probleem is omdat die gekwalifiseerde ingenieurs wat hulle in diens gehad het afgedank moes word agv AA en BEE!!!

bitterkwaad ·

So begin ek vanmiddag my kos omdat ek weet my kinders wil teen 5uur eet. Min weet ek ek gaan dit nie kan maak nie want die blerrie krag gan my alweer in die steek laat. Ek betaal baie duur vir krag wat ek nie kan gebruik soos ek benodig nie. Dink ek gaan maar oorskakel na gas en kerse soos die mense in die ou dae. Hoekom mense ryk maak as hulle dan nie eers kan verskaf waarvoor ek betaal nie. (Probeer hard om nie nou te vloek nie)

Regstellende aksie eerste ·

Vanaf 1994 het Eskom ‘n amptelike, maar ongeskrewe beleid dat Regstellende Aksie eerste kom, en werk 2de. Dit haal hulle nou in.

Rene ·

Beurkrag van 17:00 af. Nonsens, ons het beurtkrag gehad van 16:00 tot 18:00 gister. Hulle moenie vir my kom sê dat dit fase 1 beurtkrag is nie. In ons area is ons fase 1 en 2 beurtkrag presies dieselfde tye.
My opinie is om daai werkers wat so staak, “fire” hulle en stel mense aan wat REGTIG belang stel om die werk te doen.

Tonginniekies ·

Gisteraand het EKSDOM by ons Fase 4 beurtkrag toegepas, hulle het my kerse kom uitblaas en my flits se batterye gevat….

Pretorius ·

Ek het asnderdag vir my buurman gese dat ek van plan is om my eie stoom krag opwekker te bou. Ek behoort seker n hele blok of straat permanent van krag te kan voorsien. Wonder of dieMunisipaliteid dit sal toelaat. Hoekom moet ons melk koop by iemand wat nie melk het nie.

Paplepel ·

Wee jy, jy het iets beet daar! Bou die kragopwekker en vir brandstof kan jy al die gemors wat hulle by die taxi staanplekke en langs die paaie gooi brand. Elke ou wat wil krag hê moet sy eie brandstof gaan optel. Gratis hernieubare energie. Hulle gaan nooit ophou mors nie. Dink net…

Ghost ·

En die GROOT menere van Eskom sit lekker met krag. Hetgrhoor sekere gebiede het nooit ‘load shedding’ nie, want veral groot koppe bly daar.

Blikskim ·

Ek is nie ‘n grootkop nie en ons kry nie beurtkrag nie. Eenvoudige rede is dat sekere voorstede in Pretoria voorsien word vanaf Rooiwal kragstasie wat nie onder Eskom se beheer is nie. Dank Vader vir klein vergunnings!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.