Beurtkrag Woensdagoggend toegepas

Argieffoto

Argieffoto

Eskom het aangekondig dat beurtkrag Woensdagoggend en voorlopig die res van die dag toegepas sal word.

“Eskom sal van 08:30 vanoggend fase 1-beurtkrag toepas en dit sal waarskynlik tot 22:00 vanaand duur,” het Eskom gesê. “Dit is weens ʼn toename in die vraag na elektrisiteit en ʼn tekort aan opwekkingskapasiteit as gevolg van lae dieselreserwes by ons oopsiklus-gasturbines.”

Eskom het gebruikers weereens verseker dat beurtkrag toegepas word as ʼn noodsaaklike maatreël om die kragstelsel te beskerm en te verseker dat onderhoud gedoen word om die stelsel op die langtermyn te ondersteun. Volgens Eskom kan enige onverwagte veranderinge aan die “kwesbare en beperkte kragstelsel” lei tot beurtkrag op kort kennisgewing.

Eskom het ʼn beroep op gebruikers gedoen om op energie-doeltreffende maniere warm te bly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Liewe lulu ·

Ek praat nou onder korreksie. Kan iemand my net hier reghelp asb. Is dit waar dat plase se krag nie afgesit mag word nie, maw plase vrygestel van beurtkrag. Ek het erens so iets gehoor maar weet nie of dit waar is. Ons plaas se krag is elke dag vir ure af, party keer tot 22H00

Gerhard Bezuidenhout ·

Sonder om enigsins die rassekaart te trek wil ek weet waarom swart woongebiede se krag aanbly wanneer daar load shedding is. Wat moet ons doen , dalk ook begin klipgooi en brand ?

CHRISTA ·

Klipgooi sal jou niks help nie. Jy moet onwettige konneksies maak soos hulle s’n!!!

Jacobs ·

As beurtkrag eers veronderstel is om 8h30 te begin, hoekom het ons in Benoni al 5h00 nie krag gehad nie? Dankie Eskom vir jul eerlikheid.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.