Beurtkrag word die naweek toegepas

Argieffoto

Argieffoto

Eskom het Vrydag bevestig dat hy hierdie naweek beurtkrag gaan instel weens dringende instandhouding op eenhede by kragstasies.

“Eskom besef watter impak dit op klein- en groothandel en Suid-Afrika het, maar ons verseker u dat beurtkrag as ‘n absolute noodsaaklikheid ingestel word om die kragnetwerk te beskerm,” het die kragvoorsiener in ‘n verklaring gesê.

Eskom sal Saterdag fase 2-beurtkrag tussen 08:00 en 22:00 toepas.
Fase 1-beurtkrag sal Sondag toegepas word.

“Indien enige addisionele kapasiteit verlore gaan, sal ons moontlik die fases moet hersien,” het Eskom gewaarsku. “Ons sal Suid-Afrikaners dadelik in kennis stel indien dit gebeur.”

Eskom vra om verskoning vir enige ongerief en bedank Suid-Afrikaners vir die positiewe reaksie wat betref kragbesparing.

Klik hier om die beurtkragskedules te sien indien jy direk jou elektrisiteit van Eskom ontvang.
Klik hier om die beurtkragskedules te sien indien jy jou elektrisiteit van die munisipaliteit ontvang of besoek jou munisipaliteit se webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Grotman ·

Eskom isnt taking us forward, we are moving back to the dark ages. Hell the whole South Africa are going downhill fast. Who said time travel is impossible???

wilma venter ·

MAROELA, Dis nie fase 2 nie maar Fase 1 beurtkrag. Sien berig op News24.

ig ·

Wilma eskom is so deurmekaar soos kots.Niemand weet wat om te glo nie.Dit is verbasend dat vanaf geen beurtkrag tot fase 2 binne n uur aangekondig word.Miskien is dit ook Jan van Riebeeck se skuld want as sy nasate nie kragstasies gebou het nie sou dit nie nodig gewees het om te beplan en instandhouding te doen nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Wilma

Die aanvanklike aankondiging was Fase 2-beurtkrag in Eskom se amptelike verklaring. Hulle het eers later na fase 1-beurtkrag oorgeskakel.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media.

Kobus ·

Die fases verander gedurig en die krag is selde af wanneer ek dit verwag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.