Beurtkrag word Saterdag opgeskort

Argieffoto (Foto: Jukka Niittymaa/Pixabay)

Eskom sê beurtkrag sal Saterdag om 12:00 opgeskort word omdat kragopwekking voldoende herstel het.

Die kragvoorsiener sê die kragstelsel het to só ʼn mate herstel dat beurtkrag om 12:00 opgeskort kan word. Kragopwekkingseenhede by Matla, Majuba, Grootvlei en Kendal-kragstasies en die nie-kommersiële Kusile is vanoggend weer in diens gestel. ʼn Verdere eenheid elk by Matimba en Arnot-kragstasies is ook voldoende hervul en kan deur die loop van die week die kragnetwerk ondersteun.

“Alhoewel dié kragopwekkers weer in diens is, beteken die winterseisoen dat daar ʼn verhoogde aanvraag is. Dit sal deur die loop van die seisoen druk op die stelsel plaas. Ons doen ʼn beroep op alle Suid-Afrikaners om steeds elektrisiteit spaarsamig te verbruik.”

Daar is tans 3 872 MW op beplande instandhouding en 13 326 MW van kapasiteit is nie beskikbaar nie weens onbeplande probleme.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.