Beurtkrag word Saterdag toegepas

beurtkrag

Argieffoto

Eskom het Saterdagoggend in ʼn verklaring bevestig dat fase 1-beurtkrag van 09:00 tot 22:00 toegepas sal word.

“ʼn Bykomende las op die stelsel kan moontlik daartoe lei dat die fase aangepas kan word,” het Eskom gesê. “Ons sal gebruikers op hoogte hou.”

Gebruikers wat hul elektrisiteit direk van Eskom ontvang kan die beurtkragskedule hier sien, en gebruikers wat deur hul munisipaliteit elektrisiteit ontvang, moet die betrokke munisipaliteit se webwerf besoek.

Eskom het laas op 26 Februarie beurtkrag toegepas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.