Beurtkrag word Sondag toegepas

Argieffoto

Argieffoto

Eskom het bevestig dat beurtkrag ook Sondag toegepas sal word weens die stelsel wat steeds onder druk verkeer.

“Fase 2-beurtkrag sal vandag van 08:00 tot 22:00 toegepas word aangesien die stelsel steeds onder druk is,” het die kragvoorsiener gesê.

Eskom het ook Saterdag van 08:00 tot 22:00 fase 2-beurtkrag toegepas. “Ons sal die naweek gebruik om dieselreserwes en damwatervlakke op te bou,” het die kragvoorsiener Vrydag in ʼn verklaring gesê.

Fase 1-beurtkrag maak voorsiening dat tot 1000 MW se kragverbruik gesny word, fase 2 tot 2000 MW en fase 3 maak voorsiening vir die sny van tot 4000 MW se kragverbruik.

Indien jy ʼn Eskom-kliënt is, klik hier vir die beurtkragskedules.

Munisipale-kliënte kan hul beurtkragskedules op die onderskeie munisipaliteite se webwerwe kry. Eskom publiseer ook van die munisipale skedules hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.