Beurtkrag word tot fase 4 verhoog

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto: Unsplash)

Beurtkrag sal van 13:00 af tot fase 4 verhoog word nadat fase 2 Saterdagoggend begin het.

Volgens Eskom sal fase 4-beurtktag tot 22:00 Saterdagaand geld en dan weer môre van 08:00 tot 22:00.

Dit is volgens die kragvoorsiener weens die vraag na elektrisiteit wat hoër as verwag is en sommige opwekkingseenhede wat uitgeskop het.

Aanvanklik sou fase 2-beurtkrag slegs in die aande toegepas word, maar daar is Vrydagaand aangekondig dat fase 2-beurtkrag nou deur die dag sal geld.

Eskom het vroeër gesê ʼn skip met dieselvoorraad sal Maandag vasmeer en Dinsdag deur die dag sy vrag aflaai.

Indien Eskom egter voortgaan om diesel teen die huidige tempo te verbrand, sal die reserwes uitgeput wees voor die vrag afgelaai is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.