Die beurtkragvooruitsig vir dié week is effe aangepas nadat Eskom genoop was om “dringend” twee opwekkingseenhede af te skakel.
Fase 2-beurtkrag sal van 09:00 tot 16:00 van krag wees, waarna fase 3 ingestel word. Dié fase sal van 16:00 tot Woensdag om 05:00 ingestel word, gevolg deur fase 2.
Die twee beurtkragfases sal afwisselend vir die res van die week van krag wees.
Die kragvoorsiener het die afgelope naweek aangekondig dat die land tussen fases 1 en 3 sou wissel, maar weens die gebrek aan opwekkingskapasiteit is dit nie moontlik nie.
“Eskom sal die stelsel fyn dophou en enige ander beduidende veranderinge bekendmaak.”
Hier steek baie meer agter beurtkrag was wat ons dink. Korrupsie sal aanhou totdat Eskom val.
Almal het de Ruiter gestenig met sy onthulling oor korrupsie,sabotasie en diefstal en nou skyn dit die waarheid te wees.
Casper – 100% korrek. Die agbare prez en sy elektrisiteits mini-ster het in die begin ontken en wou vir AdR dagvaar – hoe ver het hulle daarmee gekom? Weet hulle kaders is skuldig!
Maar bonuses wil hulle betaal?
De Ruyter het verlede jaar gesê dit gaan R176 miljard kos om die transmissie netwerk op te gradeer. Die kragminister sê nou dit sal eerder R350 miljard kos. Iemand gaan verder skep.
DR het ook vir drie jaar stil gebly terwyl hy n boek skryf.