Beurtkragsituasie bly onveranderd

(Foto: Natsuki via Unsplash)

Hoewel die nasionale kragnetwerk tans “redelik onder druk” is, bly die huidige beurtkragfases onveranderd.

Eskom sê omdat die noodreserwes nog voldoende is, sal beurtkrag opgeskort bly.

Fase 1-beurtkrag sal eers Donderdag om 16:00 ingestel word en tot 05:00 die volgende oggend duur. Vrydag om 16:00 sal fase 1 weer van krag wees.

Die kragvoorsiener het al heel week dié patroon gevolg.

Volgens Eskom sal die vraag na krag vanaand in spitstyd 27 214 MW wees.

Hy het ook ʼn beroep op die publiek gedoen om hul kragverbruik tussen 17:00 en 21:00 te verminder in ʼn poging om die druk op die kragnetwerk te verminder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

JohanEtz ·

Logika – huishoudings maak kos en bad tussen 17h00 – 21h00 saans…..

Willem ·

As ek kyk hoeveel huise en besighede solar het kan ek nie glo dat hul nog ń tekort het nie

Jannie van Niekerk ·

Die minister van beurtkrag gee virniet voor dit hy is wat die oorsaak is dat daar minder beurtkrag plaasvind. Dit is te danke aan die 100 miljard Suid Afrikaners wat nou hulle eie sonkrag opwek. Daar is ‘n verkiesing aan die kom dus moet hulle nou hard toneel speel. Indien die ANC weer die verkiesing wen, gaan daar beslis een dag na die verkiesing 148 uur per dag beurtkrag wees.

Andre ·

Ek wed dis die diesel- generators wat die krag verskaf(tot die verkiesing).
Daarna kom die werklikheid weer terug!

Casper ·

Ek het verseker nie die finansies vir sonpanele nie maar net deur gebruik te maak van ‘n gasstoof en gas geyser spaar ek baie op my munisipale rekening.Gas is ook goedkoper as elektrisiteit.

S ·

Wat ook al Saterdag gebeur, die Bokke moet in Frankryk bly. Ons is lief vir hulle, maar hoe langer hulle daar bly, hoe langer het ons nie beurtkrag nie…

NelNel ·

Wonder waar die patetiese Eskom-bedrywers sou gewees het as duisende huishoudings en besighede nie sonpanele geïnstalleer het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.