Beurtkragsituasie verbeter

(Argieffoto: ANA)

Eskom het Donderdag om 10:00 na fase 3-beurtkrag oorgeskakel danksy ʼn verbetering in opwekkingskapasiteit en noodopwekkingsreserwes.

Aanvanklik was die verwagting dat wisselende fases 5 en 6 minstens tot Saterdag sou geld.

Die kragvoorsiener sê fase 3 sal tot Donderdag om 16:00 geld, waarna fase 4 om 16:00 inskop en tot 20:00 duur.

Vanaf 20:00 tot Vrydag om 05:00 sal fase 5 weer geld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Manie ·

Druk die sogenaamde verligting waar die son nie so dikwels skyn nie.

Daisy ·

Situasie het verbeter????
En hier sit ons in die middel van die werkdag mer drie ure sonder krag. Wat is verbetering daaraan?

Frikkels ·

Nou wat help dit? Die beurtkragtye bly diesrlfde. Dink julle ons is onder ñ verdomde kalkoen uitgebroei!

Highlander ·

Sien niemand die verdagte handeling. Dit verbeter, maar more weer op vier? Daar is n rede waarom dit heeltyd op en af gaan. En dit is sinister

henndrik ·

Dit maak geen verskil aan my af tye nie, ek is nog steeds 4 ure af van 18:00

koos10 ·

Tot Saterdag, dan kom sogenaamde fase 6, wat soos fase 8 bestuur word.

hpven ·

Manie, SwartBees. Etienne julle vat die woorde en lag so uit my mond!

Elma ·

Dankie vir die goeie nuus……. Maar BYT VAS, DIS AMPER NAWEEK en dan looi hulle ons weer met fase 6.

Johann ·

Ja shure. Ons moet maar gedweë aanvaar dat die permanensie van beurtkrag die verwysing is. En dan natuurlik die permanensie van die leun van die in beheer. Lieg hulle self in verlossing in.

Papsak ·

Ag asb lieg lieg lieg krag minister lieg vir jouself ons glo niks meer nie maak jouself bly dan gly jy liewers jy ken niks van krag af nie so

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.