Beurtkragvoorspelling vir Saterdag

Argieffoto

Argieffoto

Eskom het Saterdagoggend gesê die kragnetwerk is stabiel en daar is net ʼn skraal kans vir beurtkrag.

“In die afgelope ses weke het ons net twee uur en 20 minute beurtkrag gehad. Aangesien dit fase 1 was, beteken dit dat 96% van Suid-Afrikaners steeds ononderbroke elektrisiteitstoevoer gehad het,” het die kragvoorsiener in ʼn verklaring gesê.

Eskom het egter steeds ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen om spaarsamig krag te gebruik. “Minder is meer dié somer en huiseienaars en ondernemings kan dit doen in net vier stappe: skakel geisers en swembadpompe af; skakel alle nienoodsaaklike ligte af; gebruik lugverkoelers doeltreffend deur die kamertemperatuur op 23 °C te hou; en slaan ag op die waarskuwing wat daagliks op TV uitgesaai word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jan ·

Ja ons moet krag spaar maar wat van die straat ligte wat dag en nag brand “die 1 of 2 wat wel brand”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.