“Die kragnetwerk is stabiel en daar vind nie tans beurtkrag plaas nie,” het Eskom in ʼn verklaring gesê. Volgens die kragvoorsiener was daar die afgelope 42 dae slegs een uur en 20 minute se beurtkrag en omdat dit fase 1-beurtkrag was, het 96% van Suid-Afrikaners steeds ononderbroke elektrisiteitstoevoer gehad.
“Ons het vroeër die week gewaarsku dat die kragnetwerk onder druk sal wees tot vandag, 20 September. Ons doen ʼn beroep op gebruikers om energie doeltreffend aan te wend, veral ten opsigte van lugverkoelers, geisers en swembadpompe aangesien dit baie elektrisiteit verbruik,” het Eskom gesê.
Dit sal gaaf wees as ons almal saamstaan om beurtkrag te vermy, veral nou met die Rugby wat uitgesaai word. Jammer Bokke, julle moes nie Japan onderskat het nie!
Dis is onwaar !!! Ons is in coligny. Ons het woensdag vanaf 4vm tot half 12 beurtkrag gehad en vanadag vanaf half 2 vanoggend tot half 3. Baie lang tydperke van beurtkrag en totaal teenstrydig met wat die wet toelaat