Beurtkragvooruitsig verbeter by die dag

(Argieffoto: Du Preez de Villiers/Maroela Media)

Beurtkrag sal vroeg Dinsdag na fase 2 afgeskaal word weens die “volgehoue verbetering van opwekkingskapasiteit en voldoende noodreserwes”.

Eskom het aangekondig dat fase 2-beurtkrag, eerder as fase 3, van 07:00 tot 16:00 ingestel gaan word.

Daarna sal fase 3-beurtkrag tot Donderdag 16:00 van krag wees.

“Die kragvoorsiener sal voortgaan om die kragnetwerk te monitor en enige beduidende veranderinge bekend te maak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Nie Verbaas ·

Man ek kan nie ophou lag nie. Volgehoue verbetering. Weet die ANC wat dit beteken?

domheks ·

Regtig:???? Vertel ons eerder ‘n ander grappie wat nog nie holrug gery is nie ! !

annie ·

Vader Kersfees en sy kabouters is ok besig om sy slee te laai en sy bokkies wag angstig om ons kouse vol te stop met heerlike bederfgoed…. Hul rooi neuse is voorsien van langlewe gloeilampies…

Nicky ·

Maar as dit reen dan sit mens in elkgeval vir 12 tot 24 uur sonder krag want die munisipaliteite kan niks onderhou nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.