‘Beurtwater nader as wat mense besef’

Argieffoto (Foto: dechatorn, Pixabay)

Argieffoto (Foto: dechatorn, Pixabay)

Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder, het Woensdag, na afloop van die departement van water en sanitasie se begrotingsrede, gesê min mense besef hoe groot die waterkrisis in Suid-Afrika is en hoe naby die land aan “beurtwater” is.

Nomvula Mokonyane, minister van water en sanitasie, het Woensdag haar departement se begrotingsrede in die parlement gelewer en die maatreëls beklemtoon wat deur die regering ingestel is om die effek van die droogte in die land te beperk. Volgens Mokonyane het die regering reeds R500 miljoen bestee aan nood- en korttermyn ingryping, wat insluit watertenks wat aangery word, waterreservoirs wat aangebring is en boorgate wat geboor en toegerus is.

Alberts het gesê die grootste redes vir die waterkrisis in die land is die besoedeling van riviere en damme, die swak onderhoud van waterstelsels, meer swaar metale in die watervoorraad, die vernietiging van riviere, vleie en hul ekostelsels waar swaar nywerhede en veral myne bedryf word en die minagtende houding wat vele stadsrade het as dit by waterbestuur kom.

“Die ontstellendste van hierdie komende krisis is die planne wat die ANC-regering daarvoor gemaak het. Benewens die feit dat die regering geen voorsiening gemaak het vir die sikliese droogtes wat sowat elke dertig jaar voorkom nie, spruit die huidige dreigende krisis, wat rampspoedige afmetings kan aanneem, uit die ANC se swak toekomsbeplanning,” het hy gesê.

“Die land moet hom ook staal vir die ANC se halsstarrige planne om voort te gaan met kernkrag-ontwikkeling, wat miljoene liter water gaan opslurp. Hierdie onsinnige beplanning kom egter in ʼn dubbele pakket. Saam met die kernkrag, vorder die ANC se planne met hidrobreking ook goed. Dit sal verseker dat al die Karoo se waterare, asook die lug in die omgewing van die breking, besoedel word. As die water jou nie siek maak nie, sal die lug dit waarskynlik doen. Als te danke aan ANC-beplanning.”

Alberts het die regering daarvan beskuldig dat hy die afgelope 21 jaar baie min aandag aan die onderhoud van die waterinfrastruktuur in die land geskenk het en die land daarom nou in ʼn krisis gedompel is. “As van die ouer en meer ervare amptenare advies wou gee, is hulle afgemaak as rassiste, wat dink hulle is beter as die ANC-kaders en hulle is uit hul poste gewerk. Daar is talle sulke voorbeelde. Statistiek SA het in November 2015 aangedui daar is bykans 6 000 vakante water-verwante poste in munisipaliteite landwyd,” het hy gesê.

“Die probleem oor kragopwekking is besig om met bestaande bronne opgelos te word en daarom is enige planne om projekte wat water besoedel nie meer nodig nie. Die departement moet hom eerder daarop toespits om die basiese reg te kry, soos die onderhoud van die nasionale waterstelsel en die vervolging van diegene wat dit besoedel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Japie ·

Ons woon al die laaste 7 jaar in Botswana, waarvan beurtwater die laaste 5 jaar deel is van ons bestaan. Ongelukkig al wat gebeur, die rykes koop JoJo tenks met drukpompe en geniet die water 24/7, maar die arm bevolking suffer.

Paul ·

Ek is altyd verbaas wanneer mense uitwys dat “arm mense” swaarkry. Is dit nie die definisie van “arm” nie? As jy nie swaarkry nie, kan jy mos nie kla dat jy “arm” is nie?

Loeis ·

LOL nee. Dit is die een ding wat hulle aan die gang sal hou: hulle salarisse. Nie noodwendig joune nie…

Hannelie ·

Berhalet en Loeis, dis beter om eerder stil te bly as jul snedige aanmerkings. As jul nie weet waaroor dit gaan en wie en wat Water en Sanitasie te salarisse betaal, moet eerder nie kommentaar lewer nie. Daar moes lankal beurtwater gewees het, ons besef nie dat boere ook geraak word daardeur nie, hulle wat vir die meeste kos op baie se tafels sorg.

Karma ·

@Hannelie …. Doen ‘n bietjie gesigoefeninge – SMILE!!! Berhalet en Loeis se opmerkings was kies in die tong gesê. Moet tog nie so ‘n ou suurknol wees nie! Ons het nie dít en beurtkrag, beurtwater, beurt-asem en beurt …. beurt … beurt-wat-nogookal nodig nie!

John ·

Met die groeiende bevolking sal beurtslaap en beurt-eet volg. As ons waai moet hulle ons asseblief tog net nie volg nie!

Wat-ek-lees ·

Só waar wat Alberts sê maar sy siening sal as rassisties afgemaak word.

christine ·

Sal maar anderdag kommenraar lewer die regstel aksie sal niks publiseer al is dit die waarheid nie of hoe?

skat ·

Nou soek ek vd eerste keer n borg om my en my gesin te borg—landuit.
As ons slim onrassistiese regering geen nut in beplanning sien vd huidige en toekomstige water voorsiening ens.nie hoe gaan my kinders en kleinkinders ooit n toekoms bou in so n land???
Water is n lewensaar vir elke mens se voortbestaan.
Maar ek moet bly glo en bid dat Net ons Vader ons kan red uit hierdie drekland .

rudi ·

Daar is net een oplossing en dit is om finansieel saam te staan en alle moontlike dinge te doen om minder belasting te betaal en die geld aan te wend om SA te red. Ons moet ophou om melkkoeie te wees in groot maatskapye en ons eie besighede begin en mekaar ondersteun

Els ·

Die wiel draai, hulle tyd word min. Sa is nader as ooit aan ‘n nuwe regering.

Kappie ·

Ja …ons kom al nader, maar daar moet eers oorlog uitbreek voor ‘n nuwe regering oorneem en SA weer ‘n voor uitstrewende land maak.

Loeis ·

Die ANC gaan nie in ‘n verkiesing verslaan word nie. Hulle mag dalk wel steeds verslaan word :)

Willie ·

Ja nee kyk Jan van Riebeeck het te min water saamgebring, of het hy dit weg gery met die een skip “Kyk of die Dromme Daar Is”….

Cherokee ·

Willie ek is vol Goede Hoop dat die Dromme Daar is. Indien nie moet ons maar ons Reijger na beter bestemmings kry.

jan ·

Phalaborwa het alreeds n voorsmaak daarvan gehad, waar ons onlangs vir n tydperk kort kort sonder water was omdat daar te min was om die hele area op een slag te voorsien. Dit behels dat water om die beurt na verskillende woongebiede gegee is. Sekere tye sonder water! En jy het nie n idee wanneer het jy en wanneer nie! Dit het veroorsaak dat die geyser element gebrand het. Die tuine het gevrek. Laerliggende gebiede het langer water.

John ·

Willie, die dromme is nog hier, maar is nou vol gate vir vuurmaak, die ander is vol bier (selfgebrou, soek uitvoermark bo in Afrika) en die res is vol oranje note iewers in Noord-Transvaal. Ons soek self ‘n paar om ryp maroela’s te laai …

neelsie ·

Waarom word daar nie n bewusmakingsveldtog deur die regering geloots nie?
Watertenks kan gesubsideer word.
Maak watertenks verpligtend by groot geboue en gebruik dan die tenkwater vir tiolette.
Maak tog net planne!
Moenie so stagneer nie!
Die hidrobreking is nie net vir die karoo beplan nie maar oral in ons land!
STOP hidrobreking -daarteen sal selfs ek’ toi-toi ‘

Xa ·

Watertekorte is al lankal baie goed voorspel, die regering en gemeenskap was al goed gewaarsku, en daar was al baie tyd om dit aan te spreek. Die regenende party soek daardie geld om dit aan te spreek eerder vir hulle eie vet karre en salarisse en gee nie om vir miljoene swartmense (en ander natuurlik) wat gaan suffer nie. Alhoewel VFplus al lankal hierop fokus het die res nognie die realiteit sien kom nie. Ongelukkig gaan die watertekorte nog baie erger wees as die kragprobleme was, so maak nou al gereed. Kyk na gryswater, opgaartanks, boorgate, en leer om in algemeen minder te gebruik. Wees gewaarsku, groot watertekorte kom.

Nics ·

Die regering moes LANKAL die myne goed vasvat dat hulle regmaak wat hulle opfoeter. Ek weet hulle is nie die enigstes nie, maar die myne kom weg met moord wat water en besoedeling aanbetref en dit terwyl ons goeie wetgewing het. Nou moet ons, die belastingbetaler al klaar weer betaal om die suurmynwaterprobleem te help oplos terwyl dit mos die myne is wat dit veroorsaak het en moet opdok! Wakker word!!

m ·

ALmal weet daar is watertekorte maar die munisipaliteit is nie baie haastig om lekkende pype reg te maak nie en in die lokasies loop die water in die strate af asof daar geen tekort is nie.

jennefer ·

Die moslim gemeenskap voorsien 3 toegeruste boorgate vir R60 000 elk, waarom begroot die Modimolle(Nylstroom) munisipaliteit dan R1000 000 per gat???????

Cherokee ·

Ethekweni Munisipaliteit wat ons water voorsien, verloor meer as ‘n R½m sw water maandeliks te wyte aan waterlekke in die voorsieningspype. Ander minusipaliteite sal nie anders wees nie. Deel nou R½miljoen op in liters. Intussen word òns gevra om water te spaar.

magda ·

Ek woon in ‘n aftree-oord in die noordelike gebied van Kaapstad – die kompleks in nog nie 5 jaar oud nie. Die vermorsing van water is yslingwekkend – ek moet my stort en krane vir minstens 15 tot 20 minute op volle kapasiteit laat loop voordat daar enige beduidenis is van koue lou water. Ek het dit opgeneem met die voorsitter en beherliggaam (regspe
rsoon) male sonder tal – selfs op die algemene jaarvergadering 2 weke gelede. Die terugvoer is hulle sal daarna kyk, maar tot nou toe geen terugvoer nie – duisende liters water vloei en ons stort in koue water en ja, betaal ‘n ten duurste heffing. Asseblief is daar enigeen wat my kan raad gee by wie ek hierdie erge vermorsing kan aanmeld (bv iemand van die Wes-Kaapse ftadsraad )aangesien die beheerliggaam my probleem verontagsaam. Ek is vrou alleen, dus is die verontagsaming seker vir hul gemaklik! Dankie by voorbaat vir iemand wat aan my inligting sal verskag, ek waardeer.

Cherokee ·

Magda, bring dit onder bespreking by
http://www.sto.co.za/
en jy sal waarskynlik bruikbare advies ontvang. Gaan telkemale terug daarheen want dit is ‘n forum (as jy nie dadelik antwoord ontvang) want dit is ‘n forum wat advies verskaf oor derglike tipe vrae.

Magda ·

Cherokee, baie, baie dankie dat jy raad aan my verskaf het. Ek gaan nou dadelik met die forum in verbinding tree. Vriendelike groete.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.