Beveilig jou huis só die vakansie

Argieffoto (Foto: dagon_, Pixabay)

Die skoolvakansie is hier en talle mense is op die land se paaie om langs die kus of elders te gaan uitspan.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het ʼn paar handige wenke gegee wat vakansiegangers in gedagte kan hou om hul eie, asook die veiligheid van hulle huise te verseker terwyl hulle uitstedig is:

  • Indien jy van ʼn veiligheidsmaatskappy gebruik maak, maak seker dat jy hulle in kennis stel dat jy uitstedig gaan wees en lig hulle ook in waar jou noodsleutel gebêre word vir in geval daar ʼn noodgeval is.
  • Stel ook jou bure in kennis van jou vakansieplanne sodat hulle ʼn ogie oor jou huis kan hou.
  • Indien jy met iemand reël om jou huis op te pas, maak seker hy/sy weet hoe om die alarm reg te gebruik.
  • Maak doodseker dat alle deure en vensters gesluit is voordat jy die huis verlaat.
  • Maak seker dat alle slotte buite die huis ten minste vlak-vier-slotte of dubbelsilinder-slotte is.
  • Moet nooit ʼn sleutel in ʼn glasdeur los nie.
  • Dit is raadsaam om veiligheidshekke voor al die deure reg rondom die huis aan te bring.
  • Skuifdeure kan beveilig word deur eenvoudig ʼn stukkie hout (wat die regte grootte gesny is) in die skuifbaan te plaas. Maak ook seker jou skuifdeure kan nie vertikaal opgelig word nie.
  • Dit help as jy stewige deure en omheining het.
  • Maak ook seker jy het ligte buite jou huis, verkieslik dié wat outomaties aan- en afskakel.
  • Moenie gereedskap soos lere en grawe buite die huis laat rondlê nie. Dit kan gebruik word om by jou huis in te breek.

Maak ook seker jy het duidelike tekens buite jou huis wat aandui dat jy aan ʼn veiligheidsmaatskappy behoort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Nix ·

En ASB ASB, tref reelings vir diere………. moet asb nie net kos en water los en hoop dit is genoeg nie!!!!!!

Basjan ·

Ja, asseblief! Party mense is geneig om van hul diere te vergeet. Hulle is net gepla oor die vakansie.

Costa ·

Dankie vir die wenke. Gee ook vir ons wenke oor hoe om onsself teen aanvallers te beskerm, in dorp en op plaas.

Michael ·

Dit is so onveilig in Suid-Afrika ek weet nie of jy veiliger weg van die huis of by die huis is nie??

Wiekus ·

Ek los ook ‘n bottel of twee 80 persent Perkse mampoer ook op ‘n opsigtelike plek. Gewoonlik kom hulle nie ver nie…

Johann ·

Bring ‘n vertikale staalpypie van 25mmxlengte van deur se dwarste aan die binnekant aan, plaas in u klompies aan beide kante van die deur en hang eenvoudige 10mm boudjies aan die buitekante van die u klampies om te verhoed dat die pypie uit geskuif kan word

cor ·

Ek stem nie saam met die aanbeveling dat jy vir jou sekuriteits maatskappy of die polisie se jy gaan weg nie, dit maak dit net makliker om dan in te breek. Ons gaan weg sonder om iemand intelig dit is veiliger. Sorg dat ‘n radio of tv en enkele ligte binne die huis op n sekere tyd aangaan en weer later afgaan. Laat selfs tuin sproeiers op sekere tye aangaan dit verwar die moontlike inbrekers want hulle weet nie of daar iemand tuis is nie. Jy kan selfs ‘n bandopnemer waar jy op die hond of kind skreeu laat aangaan op sekere tye. Dit is meer normaal as om iemand anders intelig.

Johan ·

In n tydperk van 43 jaar is daar nie by my huis ingebreek nie. Verlede jaar noem ek aan die sekuriteits maatskappy ek gaan weg. Daar word by my ingebreek.

Yip ·

Cor, JAK, Johan – 100%. Ek wonder of die riglyne geskryf is deur ‘n korrupte SAPD lid wat na-uurs ekstra verdien in ‘n reaksie motor vir ‘n sekuriteit maatskappy! Ek het al gehoor van honde wat bewusteloos geskop word as daar kwansuis gereageer word op ‘n alarm. Kry ligte wat outomaties aanskakel en geen sleutel word iewers gelos nie.

SARIE VAN HEERDEN ·

Doen al die dinge wat Cor en Kie voorstel (dis uitstekend) maar bring ook alarm aan wat met strale werk rondom jou huis EN INSTALLEER KAMERA’S IN JOU HUIS wat ook ingestel is op jou selfoon of tablet sodat jy kan sien wat in jou huis aangaan al is jy duisende km van jou huis maar iemand in kennis kan stel daars probleme. Die kamera’s werk soos ‘n bom sommer ook vir die vinnige diefsalletjie van ‘n huiswerker. So het ek dit beleef.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.