Beveiligingstoerusting by skole gebuit

Angie Motshekga. (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

’n Week voordat skole vir leerders heropen, het twee skole reeds onder vandalisme en diefstal deurgeloop en is splinternuwe beveiligingstoerusting gebuit.

Volgens die raad vir onderwysministers is daar die afgelope naweek by twee skole in KwaZulu-Natal ingebreek en is beveiliging toerusting gesteel. Twee vermeende rowers in Soweto in Gauteng is ook na bewering deur lede van die gemeenskap vermoor toe hulle by ’n skool probeer inbreek het om beveiligingstoerusting, wat pas afgelewer is, te steel. Die departement van basiese onderwys is tans in die proses om dié toerusting aan skole te versprei ter voorbereiding van die heropening van skole op 1 Junie.

Angie Motshekga, die minister van basiese onderwys, het ’n beroep op lede van die gemeenskap gedoen om nie reg in eie hande te neem nie.

“Gemeenskappe moet skole beskerm teen vandalisme, maar ook terselfde tyd verseker dat geweld hokgeslaan word. Ons versoek dat die gemeenskap eerder met die polisie moet saamwerk om vermeende oortreders vas te trek,” sê Motshekga.

Die raad van provinsiale onderwysministers het Maandag ’n vergadering belê oor die vordering wat gemaak is met die voorbereiding vir die heropening van skole en het hul misnoeë oor die betrokke gevalle van misdaad uitgespreek.

Die raad het verlede week besluit dat skoolbestuurspanne en onderwysers Maandag na skole sal terugkeer om voor te berei vir wanneer gr. 7- en gr. 12-leerders op 1 Junie terugkeer.

Motshekga het gesê dat hierdie week daaraan gewy sal word om alle uitstaande aangeleenthede op te klaar en af ​​te handel voordat die leerders terugkeer.

Pres. Cyril Ramaphosa het Sondagaand in ʼn toespraak gesê die land skuif op 1 Junie na vlak 3 van afsondering.

Hy het in sy toespraak gesê hy neem kennis dat ouers bekommerd is oor die veiligheid van hul kinders wanneer hulle na skole terugkeer. Hy het bygevoeg dat daar geen gevolge sal wees indien ouers besluit om nié hul kinders terug skool toe te stuur nie.

“Ouers sal nie gedwing word om hul kinders terug skool toe te stuur nie,” het Ramaphosa gesê.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Pieter ·

Hier stem ek 100% saam. (As jou staat so korrup is en ons ‘die mense’ gelos word om te doen wat hulle wil.)

Burgermeester ·

Môre, oormôre gaan daar weer ‘n jeugkoor in die buiteland deelneem, dan wys hulle weer beeldmateriaal oor hoe die kinders op stukkende skoolbanke sit en klas kry. Dan gaan daar weer met groot oë vetêl word hoe apartheid en oom Jan hulle benadeel het, selfs na 26 jaar onder ANC bewind. Intussen is dít mense uit hulle eie gemeenskap wat die kinders benadeel.

Kobus2 ·

Dis verstommend dat ‘n voortvarende land soos SA en op ‘n stadium in wêreld geskiedenis ‘n super moondheid was, in slegs 26 jaar die land (wat sedert 1652) opgebou is,kon reduseer na “junk status.” Dis geen aap wat dít kan vermag nie!

Scalla ·

Ek wonder wat die buiteland van ons rommelstatus landjie dink, die een wat hier wil kom bele sal sy kop moet laat lees.

Charmain ·

SA bestaan al vir n baaaaiiiieeee lang tyd nie meer vir die buiteland nie….dis net nog n (mislukte) Afrika storie

Leon ·

Die buiteland lag hulle self dood vir ons. Selfs die Afrika lande lag vir ons en dink ons is die grap van Afrika. Ons werk met baie buitelanders en ons kry baie menings van hulle. Selfs ven die buitelandse regerings amptenare dink ons het narre aan bewind.
Een Afrika regerings amptenaar het eendag vir my gesê toe die Suid Afrikaanse amptenaar uit die raadsaal geloop het wou hulle, hulle pap lag vir die se hopelose dom geit.

Anel ·

Net so terloops word daar genoem dat 2 deur die gemeenskap vermooer is. En niks verder nie. So die moorde is geregverdig. In wat se land bly ons?

Sarel ·

Die Polisie is te bedig om wetsgehoorsame burgers te arresteer. Nie tyd om i rekers en vandale te soek nie.
Hoe eel van die wzt skole geplunder hetvis al gearresteer

Alida ·

Daar is mos nou duisende weermaglede ontplooi wat niks doen nie. Hoekom pas hulle nie die skole snags op nie. Ai tog kan ook nie dink nie.

Leon ·

Wat help dit jy meld dit by die polisie aan. Hulle neem twee dae om daar uit te kom en binne 5 minute is die rowers weer op straat om nog ‘n keer te probeer om die goed te buit. Neem hulle permanent van die straat af.

msp ·

Welgedaan Soweto. Vir 26 jaar kon die sap kriminele nie beheer het nie. Beskerm julle skole, julle kinders se toekoms hang daarvan af. Edele cele het al die sekuriteits maatskapye gestop om te werk. Nou moet almal geen kanse vat nie, die sap kon vir 26 jaar nie die land se kriminele beheer nie Die opregte en vredeliewende landsburgers moes nog altyd aan die kortste end trek. Raak ontslae van hulle en red so jou made landsburgers, vriende, families en geliefdes se lewe.

Nie Verbaas ·

Net verbasend dat ANC wat met hele weermag sit nie wagte by skole kan plaas nie. Hoe moeilik is dit om daaraan te dink?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.