Bevel teen onwettige besetters by Potch verwelkom

Dewald Murray het hierdie foto van die grondbesettings op Facebook gedeel.

Die VF Plus het ʼn hofbevel teen ʼn groep onwettige besetters in die Potchefstroom-omgewing in Noordwes verwelkom.

Everhard Laing, VF Plus-raadslid van die JB Marks- plaaslike munisipaliteit (Potchefstroom en Ventersdorp), sê die plaaslike owerheid en die departement van landelike ontwikkeling het ʼn dringende aansoek in die hooggeregshof in Mahikeng gebring nadat ʼn groep mense sedert Dinsdag op onder meer landbougrond by die dorp toegesak het.

Hulle het begin erwe uitmeet en strukture opgerig.

“Die bevel het ʼn keerdatum van 11 Februarie, waar die respondente dan hul saak kan stel en die hof dan bepaal of die tydelike bevel bekragtig moet word. Die munisipaliteit en die departement sal egter op dieselfde datum aansoek doen dat die bevel permanent gemaak word en dat ʼn uitsettingsbevel teen die besetters uitgereik word,” het Laing gesê.

Die VF Plus sê hy het die situasie Dinsdagoggend onder die aandag van die owerhede gebring.

“Die VF Plus het deurlopend druk toegepas en ook die departement bygestaan om klagte in te dien by die polisie teen die besetters en diegene wat hulle tot onwettige optrede aangehits het,” het Laing gesê.

“Die skynbare betrokkenheid van senior ANC-raadslede by die grondbesetting word ook ondersoek.”

Laing sê die VF Plus hou die situasie dop om te verseker daar word teen die besetters opgetree wat met hul “roekelose optrede die munisipaliteit destabiliseer en die plaaslike ekonomie bedreig”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Casper ·

Hierdie besettings is nie ekonomies gedrewe nie maar polities.Ek wonder of die uitlatings van Julias Malema iets daarmee te doen het.Waar is ons hoed omie nou.Ek sien nie dat hy die optrede veroordeel nie ook nie Rampie nie ook nie kopdoek tannie nie.

Jaco ·

Die departement van landelike ontwikkeling wat deur die ANC beheer word, is ten gunste van uitsettings van ‘n onwettige besetting wat deur ANC raadslede aangehelp is. So dis die ANC teen die ANC. Watter ANC is nou die regte ANC? Iets maak nie sin nie. Net so absurd soos die ANC beheerde eskom wat nie betalende ANC beheerde dorpe se krag afsny.

MakersMark ·

Solank SA’ners hou aan kinders maak as daar nie Pa’s is wat verantwoordelikheid neem vir kinders en moeders se welsyn nie sal dit so gaan. Maak kinders beweeg aan……totale oorbevolking van mense wat absoluut zero bydrae maak tot welvaart skepping vir hulself of SA. Plak en consume.

Elméne ·

Jip, en dan kry hulle nog ‘n “grant” vir elke kind! Geen wonder daar is so baie kleintjies wat op straat sit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.