Bevelsraad kyk na impak van alkohol op gesondheidsorgstelsel

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid. (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Die nasionale Covid-19-bevelsraad is versoek om die impak wat alkoholverwante voorvalle op die gesondheidsorgstelsel het te oorweeg.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Vrydag tydens ʼn besoek aan die Tshwane-distrikshospitaal gesê daar is talle klagtes oor alkoholverwante voorvalle en die druk wat dit op hospitale plaas.

Hy het gesê die gedeeltelike opheffing van die drankverbod ingevolge vlak 3-regulasies het ʼn 40%‑ tot 50%-styging in die getal traumagevalle gehad.

“Ons het die kwessie daarom aan die nasionale Covid-19-bevelsraad voorgelê,” het Mkhize gesê en bygevoeg dat die bevelsraad dus leiding kan gee oor hoe om die kwessie op die beste manier te hanteer.

Mkhize het Vrydag ook die Steve Biko‑ Akademiese Hospitaal besoek en aangekondig dat tydelike beddens by hospitale oor die land aangebring sal word om kapasiteit aan te vul vir daaglikse opnames.

Hy het gesê die doel is om die druk op hospitale te verminder, maar ook om beddens beskikbaar te maak vir pasiënte wat vir ander siektes as Covid-19 behandeling moet kry.

Suid-Afrika het tot dusver meer as twee miljoen toetse vir Covid-19 afgehandel. Altesaam 54% van toetse is in die private sektor gedoen.

ʼn Totaal van 238 339 Covid-19-gevalle is reeds bevestig, met Gauteng wat met 81 546 gevalle (34,2%) nou die meeste Covid-19-gevalle in die land het. Dit word gevolg deur die Wes-Kaap met 74 815 gevalle (31,4%).

Die algehele sterftesyfer staan in hierdie stadium op 3 720. Meer as 113 000 mense het reeds van die siekte herstel, ʼn koers van 47,4%.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Persheks Adri ·

Dis mos nou presies waaroor ons heeltyd kla met die drank! Sigarette doen nie dit nie indien die regering ‘n halwe brein sel gebruik het. Viva op die lekker regering wat DINK hulle is slim!

Marius ·

Wat n pot snot almal rook en drink in lock down kyk na die vis se kop wat vrot

Oros Soros ·

En waarop is die “geleerde” afleiding op gebasseer? Word dit aangeteken in staatshospitale dat drank die euwel of oorsaak is per geval? Nee, dit blyk eerder ‘n subjektiewe aanname as ‘n feit te wees. Ek glo maar min wat hierdie regering deesdae as die waarheid wil voorhou.

Gemaskerde Sopbeen ·

Stem saam. Slaan ‘n dooie perd tot hy loop. Daar was soveel onwettige drankverkope, maak van brousels drinkery tydens fases 5 en 4, dat ek nie seker is hoe korrek die 40% tot 50% waarskynlik uit die duim gesuig is.

Okmardom ·

Die grendeltyd het veroorsaak dat ons die regering beter te leer ken. Ons het geweet hulle weet min, maar nie gedink dat hulle niks weet nie. Woorde wat mense gebruik soos pot vol snot, kopdoek, helderoomblik, halwe brein, dan weet jy hierdie mense het geen benul wat aangaan nie. Hoe kan ons toelaat dat sulke mense ons bestuur. Dis skokkend. Sal nie beter gaan nie.

Johann ·

Dis eenvoudig. Daars sekere mense wat hul nie kan gedra met drank nie. In die geval, as jy beseer word, en jy is dronk, ( doen n alkahol vlak toets by ongevalle) dan word jy bloot net nie behandel nie. ! As ons pasiente vir COVID19 kan wegwys oor kapasiteits issues…..doen dan dieselfde met alkahol. Die wat hulle nie kan gedra nie moet dan maar die gevolge dra. Eks g*tvol om onder dieselfde kam geskeur te word as balhorige onopgevoede idiote.

Pieter ·

Julle klomp komuniste bly maar net een groot grap. Daar is nie woorde vir julle siek klomp nie. Julle ANC dink die land is n spaza shop.

Yvonne ·

Tipies van huidige regering se besluite….maak nie sin nie omdat dit alles vir die verkeerde redes is….geen wysheid of insig word geopenbaar nie…dit draai om wie kan score

Chris ·

Omrede mense verplig word om teen ‘n donderdag hul inkope te doen, koop hulle meer as genoeg, en daarom drink hulle, meer as genoeg!
Sigarette verkoop by die kartonne vir net ingeval, dit moeilik gaan word om dit te kan koop!

Prikkie ·

Nog nie gehoor van ouens wat gerook is (praat nie van dagga en tik pype nie) en mekaar dan met messe en byle bydam of dronk bestuur nie.

Maar rook bly onwettig (ek rook nie).

Adri ·

Die bevelsraad moet hom beperk tot alles wat covid raak en nie oor misdaad oordeel nie. As jy 19 000 misdadigers uit die tronke vrylaat, kan jy moes dink dat misdaad gaan toeneem!

marius ·

Drank en sigarette het niks hiermee uit te waai nie . Dit is hul skaamtelose plundering wat die plek in ‘n hool verander het . Hierdie mense gaan gejag word , binnekort .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.