Bevelsraad vergader nou vroeër

Pres. Cyril Ramaphosa (September 2021) (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa se vergadering met die nasionale Covid-19-bevelsraad wat aanvanklik Sondag sou plaasvind, vind nou vandag (Saterdag) plaas.

Tydens die vergadering sal die jongste verwikkelinge rakende die Covid-19-pandemie bespreek word. Dit sluit in die bevestiging van die nuwe variant genaamd B.1.1.529 in Suid-Afrika, wat talle reisigers se planne oornag omvergewerp het.

Die variant is intussen na Omikron gedoop.

Die presidensie het vroeër gesê die uitkoms van die vergadering en verdere samesprekings sal in die komende dae aan Suid-Afrikaners oorgedra word.

Landsburgers word intussen gemaan om hulself te laat inent terwyl die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) en ander betrokkenes meer oor die nuwe variant te wete probeer kom.

Daar is nog nie veel inligting oor hoe die nuwe variant gaan ontwikkel nie, en volgens wetenskaplikes sal daar binne die volgende twee weke uitkoms oor die saak wees.

Dr. Joe Phaahla, minister van gesondheid, het Vrydag tydens ʼn vraag-en-antwoord-sessie gesê dit blyk uit voorlopige navorsing dat die nuwe variant meer oordraagbaar is, maar daar is nog nie konkrete bewyse daarvoor nie. Daar is ook nog geen bewyse of die variant dodeliker is nie.

Phaahla het ook beklemtoon dat dit nog te vroeg is om te sê of die entstof wel doeltreffend teen die nuwe variant is.

Ten spyte daarvan dat die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) lande afgeraai het om nuwe reisbeperkings in te stel, is daar reeds ’n lys lande wat hul grense vir Suid-Afrikaners gesluit het. Dit volg net nadat die Verenigde Koningryk (VK) Suid-Afrika weer op die rooilys geplaas het.

Volgens Phaahla is die reaksie van lande om so vinnig reisbeperkings in te stel, drakonies en strydig met die norms en standaarde van die WGO.

Die minister in die presidensie, Mondli Gungubele, het ook die minister van binnelandse sake, dr. Aaron Motsoaledi, ʼn spoedige herstel toegewens nadat hy positief getoets het vir Covid-19. Motsoaledi is tans in self-isolasie.

Die regering doen ʼn beroep op alle Suid-Afrikaners om hulself te laat inent en die Covid-19-veiligheidsmaatreëls te gehoorsaam om sodoende ʼn veilige en vreugdevolle feestyd saam met familie en vriende te verseker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Jacob ·

Onlangse navorsing onder ‘n groep van 566 mense (Abstract 10712) van alle ouderdomsgroepe van 28 jaar en ouer, wat oor agt jaar gedoen is, toon dat daar onder die groep ‘n 11% kans was om hartsiektes te ontwikkel. Dit het opgeskiet na meer as 25% nadat hulle Covid 19 entstowwe toegedien is. Daar bestaan ook die moontlikheid dat entstowwe nutteloos teen die nuwe variant, Omicron, kan wees. Dit verskil nie veel van die huidige stand van sake nie veral as daar gekyk word na die “doeltreffendheid” van entstowwe op die Delta variant soos nou in Duitsland , ens gesien word. Ent of nie moet ‘n persooonlike besluit bly.

Jacobus ·

Soos alles die leun sit in die geskiedenis. Daar word eerstens voorbrand gemaak vir vlaag 4. Dinsdag word die bestaan van variant se x x x bevestig – WHO staan reg met ‘n naam (omikron) en teen Vrydag is infeksies skielik 2000 +. Vra maar net.?

melaney ·

Hulle verwag seker dat ons daardie bietjie grysstof tussen ons ore te gebruik en vir onsself te dink.

Mariana ·

Nee jy is reg om te vra. Duisende wonder reeds hoe hierdie hele sage dan nou so gerieflik plaasvind. Alles maar net so “toevallig”. ?????

piet ·

Daar is ‘n baie eenvoudige verklaring. Sodra daar sprake van ‘n “spike” is, word meer toetse gedoen en dus meer positiewe gevalle

Dries ·

Wie is hierdie bevelsraad. As dit ANC kaders is dan kan ons maar weet wat gaan hulle besluite wees

Pieter ·

Die ouma van die volk lei dit. Die een wat die volk wil suiwer van alkohol en nikotien. Edele ouma.

gehasie ·

Met ander lande wat reis na SA onmoontlik maak kan inperking nou mos “regmatig” geskied.

Mariana ·

Hulle het mos nou “rede” vir inperkings gekry. Sommer so in hul skoot kom val.

Nici ·

Is die doel om almal ingeent te kry of hospitalisasie en dood te keer? Want dis duidelik die inenting werk nie. Eks seker die minister van binnelandse sake was ingeent ook. Wanneer gaan die klug einde kry? Wanneer die wereld ekonomie ineenstort en demokrasie vernietig is?

Eric ·

HaHa presies op tyd reg voor die Desember vakansie word daar n nuwe fatale virus ontdek en daar gaan ons alweer. En nou kan regerende party weer natuurlik weer totale beheer oorneem n die onlangse nederlae. En die meerderheid gebreinspoeldes gaan als net so aanvaar en maar aanploeter met n bietjie onderlangse gemor.Kyk uit rondom paasfees vir die volgende een ad infinitum…….

Grassie ·

Dit klink vir my of inperkings weer op pad is vir ons. ‘n Mens moet seker maar vroegtydig ‘n bietjie Klippies, Windhoek en Vaaljapie aanskaf vir die vakansieseisoen wat voorlê. Die deskundiges het ons mos al lankal gewaarsku dat Covid nog jare lank met ons gaan wees. Die virus sal aanhou muteer so vinnig as wat teenmiddels ontwikkel word, soos wat vigs ook doen. Die volgende mutasie sal seker tanniecron genoem word.

VaalDonkie ·

Ek het hoeka vanoggend vier bottels karatewater gekoop vir ingeval. Ek drink nie eens baie nie, maar net die feit dat hulle my dalk mag verbied maak my dommer lus om ekstra te drink. Ek moet dalk ook sommer ‘n karton sigarette en ‘n paar ooptoon-skoene koop.

Vlooitjie ·

As hy vanaand praat en als word weer toegemaak dan gaan Tops môre dalk al toe wees

Jannie van Niekerk ·

Mnr die President, ek pleit by jou: Voordat jy met inperkings die “Wit toerisme ekonomie” vernietig met omdat hulle nie BEE is nie, vernietig eerder die onverdiende hoë inkomste van die Suid Afrikaanse Kabinetslede, parlementslede en munisipale raadslede en burgemeesters. Hulle het nie geld nodig nie want hulle is alreeds miljarders met ons belastinggeld. Die werkers in die toerisme bedryf het die inkomste baie meer nodig as ‘n spul politici wat miljoene rande verdien sonder om enige iets produktiefs te doen..

piet ·

So as jy ‘n BEE toerisme onderneming is, word jy nie benadeel nie? Ek weet regtig nie hoe julle mense redeneer nie. Daar’s in elk geval meer swart mense in die toerisme bedryf as wit mense.

Mercia ·

“Die regering doen ‘n beroep op alle Suid Afrikaners om hulself te laat inent…..” alhoewel……” dit nog te vroeg is om te sê of die entstof wel doeltreffend is teen die huidige variant….” MAAR doen dit maar anyway?!
And somehow there is still uncertainty on why so little people trusts this “Superior logic”

piet ·

Wat van die ander variante? Selfs al is die entstog nie effektief teen die nuwe variant nie (wat onwaarskynlik is) is dit steeds effektief teen die ander bekende variante. So jy moet steeds inent met wat beskikbaar is.

Madeleine ·

Vrees saai
Dis al wat dit is
Gaan die sheeple weer Val vd vrees?
Of gaan ons evil teenstaan?

Johan ·

Ek stem Jacobus amazing dat ons weer voorspellers al ‘n maand terug geweet het ons gaan vierde vlaag begin Desember he. Ons doen ewe skielik tot 38000 toetse kry 50 positiewe gevalle met die nuwe variant en ons word afgesonder. Hoekom SA nie eers hulle huiswerk doen voor hulle kamtig dit rapporteer nie is ook ‘n vraag. Ons doen 320/1000 ander Afrika lande doen so min as 32 toetse per 1000 onder andere Ethiopia hulle lugdiens was nog nie een dag toe nie en vlieg die wereld vol. Vra maar net doen minder toetsing as jy lae syfers wil he. Ons is nou slegter af met al die inentings as wat ons daarsonder was. Inentings nou nie meer goed genoeg nie soek nou ander metodes om die massas te beheer.

Hoekom ·

Nuwe variant van Botswana. Ons ekonomie is in gedrang omdat ons regering te swak is om die nodige stappe te volg en ons grense te beveilig…

Blomme ·

Suid Afrika faal duidelik is haar taak om die pandemie te beheer. Weereens ń bewys van ń swak regering. Hulle is heeltemal rigtingloos en tas heelwat in die donker rond. Ons het strategiese leiers nodig wat minder konsentreer op vinnig ryk word en veel eerder op saving people’s lives.

Owlie ·

Hoe refiner die men’s???
Een berig sê duidelik dat daar geen bewyse is dat die inenting/inspuiting teen die nuwe variant gaan werk nie en dit is logies, jy het nie mediese titels nodig om te weet dat n inspuitingvwat vir een variant gemaak is nie vir die ander sal werk nie maar skielik word berig mense moet hulle laat inent terwyl dieselfde berig noem dat daar eers binne 2 weke duidelikheid sal Maak eerder net die volle wasrhrid rondom die virus en variante bekend Tydens Julie fandalisme en die verkiesing het dit fantasties gegaan, syfers het wonderbaarlik nie te veel gestyg nie en skielik boom……Kyk eerder in watter spesifieke areas syfers hoog is en begin daanaan werk Noudat dit Kerstyd raak kruip daar skielik allegiance dinge uit Laat men’s wonder

piet ·

Jy’s verkeerd. In meeste gevalle is die entstof steeds effektief tussen verskillende variante maar dit mag minder effektief wees vir sommige variante. So het die oorspronklike Pfizer entstof se effektiwiteit met ongeveer 20% gedaal toe die Delta variant uitgebreek het. So, dis steeds baie effektief.

piet ·

Die ouens wat die meeste moan is ook die oningeentes. Ek het nuus vir hulle, hulle gaan nog meer moan en dis alles te doen aan hul eie ongehoorsaamheid.

Keelvol ·

Jou regering het vir 27 versuim om behoorlike beheer oor ons landsgrense te be oefen. Hulle het die ou immigrasie van 1991 geskrap. Hulle het toe gelaat dat daar maar net oor die grense geloop word. Johannesburg, Pretoria en Ekurhuleni is vrot van onwettige immigrante. Die situasie sou heeltemal anderste gewees het. Maar die liberale bly hulle ondersteun. Die intenting is n klug.

Pieter ·

Hulle moet liewers al die mense toelaat wat die “vaccine” geneem het om te “travel” en die wat nie , moet tuis bly !!! Hulle doen dit reeds in Europa.

Strandloper ·

Wonder wie gooi die dollose die keer, hoed voëlverskrikker, hoed wanabe cowboy, asbes boef, of die main peanut self?

Johann ·

Ja shure….hier kom weer n BEVEL van die “raad”! Totaal onbevoegd, onvoorbereid, onbekwaam, MAGSBEHEPTE kaders met stywe kopdoeke en hoede en leë ANC sakke…en Pinocio vwat voor loop en voor sê.

Johan ·

Veg die virus met ons mediese instansies en los die ekonomie in plek sodat ons dit kan bekostig…maar nee, veg die mense waar dit die grootste negatiewe inpak het.

Francois ·

Ek kry n whattsapp wat vra : “Why must our country be so sufficient in finding new variants but so useless at everything else…?”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.