Bevindings in SSA-verslag: ‘Koppe moet rol’

Arthur Fraser. Foto: ANA

Die DA het Sondag gesê staatsamptenare wat geïmpliseer word in ʼn verslag van die hersieningspaneel oor die Staatsveiligheidsagentskap (SSA) wat pas bekendgemaak is, moet onmiddellik geskors word.

Pres. Cyril Ramaphosa het Saterdag toestemming gegee dat ʼn geredigeerde verslag van die hoëvlak-hersieningspaneel oor die SSA bekendgemaak mag word. Ramaphosa het dié paneel in Junie 2018 aangestel om die mandaat, kapasiteit en organisatoriese integriteit van die agentskap te ondersoek.

“’n Sleutelbevinding van die paneel is dat daar oor die afgelope dekade of meer politieke wanpraktyke en faksiegevegte in die intelligensiegemeenskap voorgekom het wat gelei het tot die totale minagting van die Grondwet, beleidstellings, wetgewing en ander voorskrifte,” het die presidensie Saterdag in ʼn verklaring gesê.

Die verslag is geredigeer voordat dit aan die publiek beskikbaar gemaak is aangesien die volledige verslag name bevat van persone wat tans nie geïdentifiseer mag word nie, asook besonderhede oor bedryfsaangeleenthede wat die werk van die SSA kan belemmer, sê die presidensie.

John Steenhuisen, die DA se hoofsweep, het Sondag in ʼn verklaring gesê die DA het verlede jaar formeel aan Ramaphosa geskryf om te versoek dat Arthur Fraser, voormalige hoof van die SSA wat tans die nasionale kommissaris van korrektiewe dienste is, geskors word hangende die uitkoms van ʼn ondersoek na ernstige bewerings teen hom. Die DA het ook ʼn aansoek in die Gautengse hooggeregshof gebring om Fraser se aanstelling ter syde te laat stel.

Steenhuisen sê die bewerings teen Fraser hou verband met beweerde betrokkenheid in die hoofagentnetwerk wat deur die SSA begin is en Fraser se besluit om die sekuriteitsklaring van die inspekteur-generaal van intelligensie terug te trek “om te verhoed dat inligting oor politieke sameswering aan die lig kom”.

Die verslag wat Saterdag bekendgemaak is, het die DA se bewerings reg bewys. Van die skokbevindings in die verslag sluit in dat “sedert omtrent 2005, was die leierskap en bestuur van die SSA nie in staat om hul professionele verantwoordelikhede van hul politieke sienings te skei nie.

“Dit het toenemend erger geword gedurende die administrasie van [voormalige] pres. Jacob Zuma, met parallelle strukture wat geskep is om direk die persoonlike en politieke belange van Zuma, en in sommige gevalle die relevante ministers, te bevorder. Dit het tot gevolg gehad dat die intelligensiegemeenskap ernstig verpolitiseer en in faksies verdeel het gebaseer op die faksies binne die ANC.”

Die DA-hoofsweep, John Steenhuisen. Foto: Twitter

Steenhuisen sê die verslag toon dat die politieke ringkoppe die burgerlike intelligensiegemeenskap omskep het in “’n private hulpbron om die politieke en persoonlike belange van spesifieke individue te bevorder”.

Die DA-hoofsweep het bygevoeg weens wydverspreide misbruik van hulpbronne, het die SSA in werklikheid die melkkoei vir baie van sy lede en eksterne belanghebbendes geword. Hoewel die geredigeerde verslag nie spesifiek noem wie hierby betrokke was nie, meen Steenhuisen daar kan aan die tydperk van ampstermyne wat in die verslag genoem word, afgelei word dat spesifieke mense in die bestuur betrokke was.

“Die verslag beveel aan dat daar ʼn deeglike ondersoek na die intelligensie- en veiligheidstrukture in die land gedoen word. Die DA dring aan op die onmiddellike skorsing van staatsamptenare wat hierby betrokke was.

“Strafregtelike aanklagte moet ook by die SAPD ingedien word om uiteindelik te sorg dat diegene wat die SSA geplunder het tot voordeel van [Zuma], die Guptas en hulle korrupte makkers, aan die pen ry,” het Steenhuisen gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

PJ ·

Wanneer gaan dit eindig elke dag is daar n nuwe hoofstuk van hoe ons belasting betalers se geld gemors word en dan kry jy nog mense wat vir die cancer stem sies skande

Afrikaner ·

Is daar ‘n gewilligheid om die geld aan ons terug te betaal? Dit klink vir al my soos selfoon data, sorry ou pal, dis nou maar soos dit is. Dis soos wanneer jy onskudig tronk toe gestuur is, trek skouers op en sê na die tyd jammer. Done and dusted. O’ja en dan trek jy die Pilatus bakkie met watertjies in, en ‘n vatlappie, nader.

Ellisras ·

Arthur Frasier is onaantasbaar. Daar word nie aan hom geraak nie. Kyk hoe word hy beskerm.

Gert van Wierdapark ·

Ek stem saam met die opskrif “Die Koppe moet Rol”. Ek sal graag n bydrae wil maak dat die boy van ‘n Guillottine (hopelik reg gespel), onmiddellik op tender uitgaan sodat die Rolle na die Ver-Kiesing in werking kan tree/val!!!

Gert J ·

WANNEER WORD STRAFREGTELIKE KLAGTES BY SAPD INGEDIEN. HOU OP PRAAT EN DOEN SA IS GATVOL VIR POLITIEK. TYD VIR AKSIE.KLA AAN DAT DINGE BEGIM GEBEUR.

John ·

…. by die SAP….? foei… foei… Julle kan liefs by die naaste snoepie gaan kla dat die koeldrank warm is. Die reaksie sal meer betekenisvol wees…

Manie ·

Hierdie mense, ek sluit die ANC hierby in, is skuldig aan hoogverraad.

Sê net ·

Snaaks dat al die goed nou uitkom? Word ons aandag van iets meer belangriker af getrek? Iets wat ons heeltemal miskyk?

aj ·

HOOGVERRAAD!

Stel ‘n militêre tribunaal aan soos in oorlogtyd!

Verhoor heel eerste vir Z en laat hom fusileer.

Daarna sal die res omval soos dominos!

SA is nou in ‘n STRYD OM OORLEWING! … dalk reeds terminaal verwond?

George in Bloem. ·

Blah blah blah blah. Weer net ‘n gepratery en NIKS gaan of word gedoen nie en NIEMAND gaan aan die pen ry nie en GEEN geld gaan terugbetaal word nie. ……Gaap.. ….gaap.

jean ·

Ag nê……ens ens ens…..Hulle moet besig gehou word met kommissies en komitees want lê net leeg vir die laaste 100 jaar (?)

riaan ·

da sal nooit leer nie????

Praat, praat, praat waarvan NIKS kon nie! Begin iets DOEN!

Die betrokkenis se koppe sal NIE rol nie, inteendeel hulle almal SAL bevordering op belastinbetaler se koste kry!

shark ·

die stories raak regtig af-gesaag, vokkel gebeur in elk geval behalwe dat belasting geld gemors word…word wakker asb.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.