Bevindings oor Aucamp-aanstelling bekendgemaak

Marietha Aucamp. Foto: Facebook

Marietha Aucamp, Stad Tshwane se voormalige hoof van personeel, het ʼn wanvoorstelling van haar kwalifikasies aan die Stad Tshwane gemaak om dié pos los te slaan.

Dít was die bevinding van ʼn ondersoek wat deur Stad Tshwane van stapel gestuur is nadat dit aan die lig gekom het dat Aucamp moontlik nie oor die nodige kwalifikasies vir ʼn aanstelling in dié pos beskik het nie.

Moeketsi Mosola, die stadsbestuurder, het Donderdag gesê daar is in die ondersoek egter geen bewyse gevind dat Solly Msimanga, die burgemeester, enige aandeel gehad het in Aucamp se onregmatige aanstelling nie.

Volgens Mosola is Aucamp op 1 September 2016 op tydelike grondslag as hoof van personeel aangestel. Die pos is intussen geadverteer en die vereistes vir die pos was ʼn relevante baccalaureus-graad of soortgelyke kwalifikasie, 12 jaar ervaring waarvan vyf jaar op senior bestuursvlak moes wees en ʼn deeglike kennis van prestasiebestuur.

Onderhoude met moontlike kandidate is in Oktober 2016 gehou en Aucamp is daarna op permanente grondslag in die pos aangestel. In Mei 2018 het bewerings in die media aan die lig gekom dat Aucamp nie aan die akademiese vereistes vir die pos voldoen nie.

ʼn Ondersoek na die bewerings is van stapel gestuur en Aucamp moes onmiddellik spesiale verlof neem. Sy het egter kort hierna op versoek van Msimanga bedank.

Daar is bevind dat Aucamp die stad mislei het deur voor te gee dat sy ʼn BTech-graad het, terwyl haar hoogste kwalifikasie matriek is. “Daar is ook bewyse dat menslikehulpbronbeamptes by die Stad Tshwane nie behoorlike prosedures gevolg en beleidstellings toegepas het nie en met opset hierdie prosesse omseil het om [Aucamp se] aanstelling te bewerkstellig,” het Mosola gesê.

Dit het tydens die ondersoek aan die lig gekom dat 17 kandidate om die pos aansoek gedoen het en net twee van die 17, onder wie Aucamp, nie aan die akademiese vereistes voldoen het nie. “Bestudering van die werwingslêer het aangedui dat daar geen kortlys opgestel is of punteverslag was nie. Hierdie verslag is blykbaar uit die lêer verwyder. Dit was gedurende die kortlysvergadering dat die besluit geneem is om Aucamp in die pos aan te stel, ondanks die gebrek aan kwalifikasie.”

Mosola het gesê daar is reeds opdrag gegee dat dissiplinêre stappe gedoen word teen die menslikehulpbronbeamptes wat by Aucamp se aanstelling betrokke was. Die stad sal ook ʼn reeks voorkomende maatreëls instel om te verseker dat daar voortaan wel aan al die relevante prosedures en beleidstellings voldoen word.

Alle wetlike aangeleenthede in dié verband sal na die stad se departement vir regs- en sekretariaatdienste verwys word om dit verder te hanteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

kat ·

Ag shame so what die hele parlement lieg oor hulle goed dis tog wat politisie doen om te oorleef is dit nie .of is dit dalk omdat sy wit is en nie die regering en eff se toestemming of lid van hulle is nie so de hell met julle nonsens bou n brug en kom daar oor daar is n klomp in anc en eff geledere wat hulle kwalifikasies gekoop het want hier in limpopo kan jy als kry teen n prys self jou gr 12 papiere en wat wil jy he n hon in onderwys dis te koop

Daan Erasmus ·

Volla. Bring vir ons die bewyse. Dit is lasterlik om iemand vals te beskuldig.

Fanie ·

Ek krap nou kop wat ek nie mooi verstaan nie sy het nie die nodige kwalivikasies vir haar pos gehaat nie naamlik matriek wat haar hoogste kwalivikasie was maar hoe het zuma wat n staadspresident pos gehaat het gekwaliviseer hy het dan nie eens n matriek sertivikaat nie en die hele tyd wat sy daar gewerk het was haar werk op standaard baie beter as wat Zuma kan se

volla ·

Politici hoef nie akademiese kwalifikasies te hê nie. PW Botha het ook net matriek gehad.

volla ·

Sal nogal interessant wees wanneer sy aansoek doen vir ‘n nuwe pos. Wat’s jou hoogste kwalifikasie? Matriek. Wat was jou vorige salaris – R100 000 per maand. LOL

Fanie ·

Hierdie hele land van ons wat so goed was is nou net een groot korupte gemors

Daan Erasmus ·

Aucamp was ‘n poletieke aanstelling. Sy het NOOIT voorgegee dat sy enige kwaifikasie het wat sy nie het nie. Sy het geen bedrag van geen aard gepleeg nie. R10 000 beloning vir die slim ou wat bedrog kan bewys.

Colleen ·

Skors haar en sy moet ‘n deel van haar salaris terugbetaal wat sy sou verdien het vir haar kwalifikasies. Het sy gedink sy gaan wegkom met ‘n lieg? Net so onbevoeg soos baie ander wat groot salarisse verdien en in senior poste aangestel word.

Lola ·

Sy was nie ‘onbevoeg’ nie. Maar sy moes nie gelieg het nie. Sy moes geweet het as die papaia die waaier slaan, haar vriend nie saam met haar gaan lieg nie.

JM ·

Dan moet hulle almal wat nie die kwalifikasies het nie afbetaal en vervolg

Ben ·

Wat gebeur nou as die POS geadverteer word en nie een van die kandidate voldoen aan die vereistes nie. Dit gebeur baie in die IT wereld waneer nuwe tegnologie op die mark kom en skielik verwag die personeelbestuurders en personeel agente dat die kandidate 5 jaar ondervinding moet he in ‘n tegnologie wat 3 maande op die mark is. mmmm. klink vir my dat Aucamp op die gegewe oomblik in tyd die beste kandidaat was vir die pos en toe tydelik aangestel was. Sy het egter die werk baie goed gedoen en is toe permanent aangestel. Kwalifikasies is nie alles nie. In ons besigheid stel ons mense aan wat die werk wil doen en nie ‘n kandidaat met ‘n vervalste graad nie. Miskien moet daar in hierdie geval na die werklike feite en omstandighede gekyk word… mmmmm

Joe Hall ·

Lees asb weer die berig.
Daar was 15 uit 17 aansoekers wat wel oor die nodihge akademiese kwalifikasies beskik het.

Danie ·

Ek het in my lewe baie werknemers gehad wat baie beter werk gedoen het as persone met kwalifikasies. Ondervinding tel baie en in baie gevalle meer as kwalifikasies. Ek betaal en stel die persoon aan wat die beste werk kan doen.

SL ·

In my opinie is daar eintlik net een vraag. Kon sy die werk doen waarvoor sy aangestel is? Hoeveel mense is daar vandag wat in poste sit wat hulle geen benul het oor hoe om eintlik die werk te doen nie en dan moet almal onder hulle maar net ekstra hard werk om alles klaar en reg te kry. Ek vat baie eerder iemand sonder kwalifikasies wat die werk kan doen as ‘n salaris vreter wat onbevoeg is om sy/haar werk te kan doen.

Ben ·

Dit klink so asof hier Jaloesie en Suur druiwe na die tyd gekom het.

Koos ·

Ek was moeg van werkaansoeke wat, behalwe vir my “verkeerde” velkleur, ook misluk het met die volgende redes:
1. U is oor gekwalifiseerd vir die werk
2. U is verkeerd gekwalifiseerd vir die werk.
3. U kan die werk doen, maar u kwalifikasies beteken ons moet u ‘te veel’ betaal
4. U kan die werk doen maar u kwalifikasies beteken u gaan vinnig verveeld raak met die werk.
Ek het dus die teenoorgestelde as dié vrou gedoen om ordentlike werk te kry: ek het my 2 universiteitsgrade afgehaal van my CV af en bloot gesê ek was 3 jaar op universiteit maar het niks bereik nie en dat ek 2 jaar in die weermag was. In werklikheid was ek 4 jaar op universiteit en 1 jaar in die weermag. En raai wat? Eks NOOIT oor dit detail uitgevra nie en ek het ordentlike werk gekry wat goed betaal.

Francois ·

Haha, versoek om al die amptenare se kwalifikasies soos Direkteure en Adjunk Direkteure na te gaan , talle sit sonder kwalifikasies , maar geen haan kraai daaroor nie.

M ·

Eerlikheid sal nooit terugkom om jou te straf nie. As n persoon op n vorm invul dat hul n B tech graad het, maar dit is NIE die geval nie…hoe kan jy ooit daardie persoon se woord vir enigiets vorentoe aanvaar? As sy eerlik die vorm ingevul het, sou niemand vandag n vinger na haar kon wys nie. Nou is die persoon se lewe in n nagmerrie verander. Was die kool die sous werd, straks nie ?

Karolis ·

Ek weet nie rêrig hoe slim oom Albert Einstein was nie maar hy het gesê: “praktiese ondervinding is baie meer werd as teoretiese kennis” en toe begin ek oplet wat om my gebeur.

Nella ·

Ag shame. Nou word sy aan die groot klok gehang vir dit maar hoeveel ander staatsamptenare en hulle mense sit in hoë poste sonder die regte kwalifikasies? Soms word die ‘tea lady’ n pos aangebied net omdat sy iemand ken wat iemand ken of vir BEE doeleindes.
Lyk my dis wat n paar wittes moet doen net om werk te kry, want die wat regtig bevoegd is om die werk te doen is ongelukkig nie dieselfde velkleur nie.

RN ·

Wie is nou in die pos en het die persoon die regte kwalifikasies of die regte velkleur?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.