[Video] Bevorder wit man, gelas hof

Jan Pretorius. Foto: Reint Dykema

Jan Pretorius. Foto: Reint Dykema

Die Tshwane-metro is beveel om ʼn wit man te bevorder en terugwerkend te vergoed nadat die arbeidshof in Johannesburg bevind het daar is onbillik teen hom gediskrimineer.

Die arbeidshof het vandeesweek bevind dat die gebruik van ’n kwotastelsel in die werkplek onwettig is. Dié uitspraak is gelewer na aanleiding van Solidariteit se hofsaak oor onbillike diskriminasie teen die Tshwane-metro. Kragtens die hofuitspraak moet die munisipaliteit Jan Pretorius, ’n water-ouditbeampte, bevorder en terugwerkend vergoed.

Regter Faan Coetzee het onder meer bevind dat die munisipaliteit onbuigsaam opgetree het toe hy Pretorius telkens vir bevordering oor die hoof gesien het. Die hof het voorts bevind dat die munisipaliteit se aanstellingsbeleid, waarvolgens daar suiwer op grond van ras en geslag teen Pretorius gediskrimineer is, op ’n kwotastelsel neerkom wat strydig met die Wet op Diensbillikheid is.

Dr. Dirk Hermann, bedryfshoof van Solidariteit, het gesê die hof het in sy uitspraak daarop gewys dat die munisipaliteit se aanstellingsbeleid slegs op syfers sonder meetbare doelwitte berus. “Dit kom dus neer op die subjektiewe uitsluiting van individue van die nie-aangewese groep. Die uitspraak maak dit egter duidelik dat staatsdepartemente sonder regstellendeaksieplanne nie agter beleidsdokumente sonder behoorlike regstelteikens en meetbare doelwitte kan skuil nie,” het Hermann gesê.

Hermann meen vandeesweek se hofuitspraak is enig in sy soort aangesien dit die eerste keer is dat die hof bevind het dat daar deur middel van ʼn kwotastelsel onbillik teen ’n wit man gediskrimineer is. “Die hof het bevind dat om poste net aan die hand van die nasionale rassedemografie te vul óf selfs vakant te laat ten koste van geskikte wit mans, onwettig is. Die hof het voorts bevind dat die munisipaliteit geen regsgronde gehad het om ʼn toepaslik gekwalifiseerde kandidaat uit die onderhoudproses te laat nie. Boonop het hulle ook nie in ag geneem dat die pos ʼn skaars vaardigheid vereis nie,” sê Hermann.

Hermann het bygevoeg dat alle werkgewers kragtens vandeesweek se uitspraak gedwing word om voortaan ʼn genuanseerde benadering tot regstellende aksie te volg. “Die uitspraak het weereens bevestig dat numeriese teikens in regstelplanne of beleidsdokumente ʼn verskeidenheid faktore in ag moet neem. Hierdie uitspraak skep dus die nodige regsgronde vir toekomstige sake waarin daar op grond van kwotas onbillik teen individue van die nie-aangewese groep gediskrimineer word,” het Hermann bygevoeg.

Kragtens vandeesweek se hofbevel moet Pretorius op 1 Mei 2016 amptelik in die pos voorman: ambagte, wat tans steeds vakant is, aangestel word. Die munisipaliteit moet ook terugwerkende vergoeding aan Pretorius betaal. Die vergoeding behels die verskil tussen sy huidige salaris en die salaris wat hy as voorman: ambagte gedurende die tydperk 8 Oktober 2013 tot 30 April 2016 sou verdien het.

Pretorius, wat sedert 1999 vir die departement van water en sanitasie werk, is in Augustus 2012, en weer in Julie 2013, weens sy velkleur oor die hoof gesien toe hy vir die pos voorman: ambagte aansoek gedoen het. Dit is ten spyte van die feit dat Pretorius deur ʼn paneel as die mees geskikte kandidaat vir die posisie aangewys is. Die munisipaliteit het boonop nie in hierdie tyd oor ’n goedgekeurde regstellendeaksieplan beskik nie.

Die pos waarvoor Pretorius aanvanklik in 2012 aansoek gedoen het, is weer in Julie 2013 geadverteer. Pretorius het toe ʼn tweede keer aansoek gedoen vir die pos, maar is hierdie keer nie vir ʼn onderhoud genooi nie en ook nie op die kortlys geplaas nie. Nadat Pretorius ʼn grief hieroor by die munisipaliteit ingedien het, is hy in Oktober 2013 in kennis gestel dat geen wit mense vir die pos oorweeg mag word nie.

Die Tshwane-metro het in Mei 2013 ’n regstellendeaksieplan, terugwerkend vir die tydperk van 1 Julie 2012 tot 30 Junie 2017, aanvaar. Pretorius is glo op grond van hierdie plan nie in die pos waarvoor hy aansoek gedoen het, aangestel nie. Die plan bevat ʼn resolusie wat bepaal dat geen wit mens in die genoemde posisie aangestel mag word nie.

[wpvideo hIo7Gau0]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Roy ·

Ek is baie bly dat Solidariteit Jan Pretorius se saak aan gevat het en dit gewen het, want as jy so rondom jou kyk sal jy sien wat aangaan met water en sanitasie projekte omdat hulle nie die regte en opgeleide persone die poste gee wat hulle toekom nie want die person wat diue aanstellings doen weet ook meeste van die tyd nie eers wat aangaan nie

SkarrelKind ·

Behalwe dat ek baie bly is vir Jan, is ek ook bly dat geregtigheid ‘n slag vir ‘n blanke manlike persoon in die werkplek geskied het. Solidariteit is YSTER! Baie dankie julle ouens.

Piet Pompies ·

Small step for man, huge step for mankind.
Geregtigheid danksy Solidariteit

Hannelie ·

Klink vir my na ‘n rassistiese munisipaliteit. Elke keer oor die hoof gesien, alhoewel hy die beste kandidaat is, kon seker nie ‘n “bevoegde” swarte kry vir die pos nie. Stel mens aan op grond van kennis, dan sal ons land weer wees wat hy was voor mense net in ‘n pos “gesit” word op grond van BBEEE.

Jo ·

Dit is voorwaar n MYLPAAL vir blankes wat behaal is. Puik Solidariteit!!!?

Charlotte ·

Puik gedaan. Jan Pretorius jy verdien jou vergoeding. Anders as die “hordes” wat onder bome le en slaap….omkoop geld aanvaar of die staat/instansie se karre vir hul vriende leen oor naweke of staatskarre gebruik vir inkopietogte en kinders meer as 4 vervoer skool toe en terug……..tyd geword dat kennis bo kleur gestel word DAN EERS sal die land verbeter!!!

Hendrik ·

Maar wat nou? Gaan hulle nie die lewe vir hom ondraaglik maak nie? Prakties gesproke gaan dinge nie maklik wees nie. Wen dalk die skermutseling maar verloor die oorlog?

Baie geluk in elk geval. Pretoria het verseker kundiges nodig. Kan jy dalk help met my skewe water en ligte rekening :)

m ·

Baie geluk Jan met jou bevordering wat jy verdien. Hoop net nie hierdie spul gaan jou lewe hel maak in die kantoor nie want hulle gaan hierdie bevordering teen jou hou vir die res van jou loopbaan. Hulle is verkeerd bewys en hulle hou nie daarvan om verkeerd bewys te word nie. Sterk staan meneer.

E ·

Baie geluk aan oom Jan en Solidariteit. Nog steeds, om so hard te moet baklei vir ons toekoms is ook nie reg nie!

Vissie ·

Hierdie land van ons kan ‘n ware ster-land word as die owerhede net wil insien dat daar hope en hope kennis en vaardighede onbenut rondlê wat uiteindelik tot álmal se voordeel aangewend kan word, swart mense se voordeel ook. Hoekom nou so hardkopig wees en daardie vaardighede en kennis en vernuf onder politieke beleide begrawe? Met beleide word daar geen dienste geskep nie, maar met kennis en vaardigheid wel. Ons land kan wonderlik wees as ons owerhede die dag besluit hulle weet nie álles nie, maar hulle is bereid om te gaan kers opsteek by diegene wat dalk, net dálk méér weet as hulle. En in die proses wat ook ‘n opvoedingsproses is, sal baie meer mense baie meer vaardigede aanleer en sal die hele beweging uiteindelik tot álmal se voordeel wees. Dink net hoeveel miljoene sal in die proses ook aan hofsake gespaar word.

Riaan ·

Dis al lankal tyd dat die BBBEE draak uit sterf! dis grootliks verantwoordelik vir die huidige situasie is ons land en die ekonomiese verval gepaartgaande met swak besluite van onbevoegde,korupte mense in sleutel posisies – daar geplaas a.g.v BBBEE. Dit is baie goeie nuus vir SA as die regstelsel die tipe diskriminasie herken en aanvat!
Ek sal graag wil sien dat al die Blankes waarteen gediskrimineer was omrede hy n’ wit vel het nou opstaan en hul regte voor die regstelsel bring !!

Anta ·

Baie dankie Solidariteit dat julle vir Jan kan help en is baie bly ek is ‘n lid van julle

Saffie vir altyd ·

Uiteindelik begin die land in die regte rigting beweeg. Regstellende aksie (in alle rigtings) is ‘n boosheid, en lui net tot negatiwiteit en onderbenutting van hulpbronne.

B ·

Wel gedaan Solidariteit!!Julle kort ñ ordenklike bladskud!!Trots op julle en ons ondersteun julle al die pad!

Lenie Blaauw ·

Ek is baie bly dat dit aan die lig gekom het dat onregverdigheid in werk uitgewys word. Hoop daar word nie in die werksplek teen Jan Pretorius gekap nie. Hoop nie dat die werksmense omstandighede so onaangenaam gaan maak om hom so te dwing om te bedank nie. Hoop hulle ken hom as n persoon wat hom nie daardeur sal laat beinvloed nie. Staan sterk Jan hou jou pos jy het hard gewerk daarvoor. Die Here hou Sy hand van beskerming oor jou

CHRISTA ·

Dit lyk my al die ANC se planne om blankes en ander rasse te onderdruk begin uitrafel!!!

hester ·

Ek is bly dat geregtigheid geskied het. Wens net dat die diskriminasie teen my ook kon werk in die staatsdiens waar ek gewerk het. Ek is aanbeveel maar die pos is nooit gevul nie. Ek moes nog vir Lang tyd die werk doen sonder die bevordering omdat my vel wit is.

Tytin ·

Die raad het reg opgetree, as daar in ag geneem word dat die aplikant glad nie die regte kandidaat is vir die pos weens die ongergtighede in die keurings proses.

Christie ·

Puik Solidariteit!!!! Jul is die beste!!! Ek wil vir elke werknemer aanmoedig wat in dieselfde situasie is om LID te word van SOLIDARITEIT!!!! UITSTEKEND!!!

Charles ·

Hoop hulle gaan hom ook rente betaal want as jy hulle geld skuld word daar baie vinnig rente teen die hoogste koers bygevoeg!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.