Bewaarder in Krugerwildtuin doodgeskiet  

(Foto bloot ter illustrasie: Argieffoto/Maroela Media)

ʼn Wildbewaarder is Woensdag in die noordelike gedeelte van die Krugerwildtuin doodgeskiet.

Volgens Isaac Phaahla, woordvoerder van SANParke, het die voorval in die Shangoni-gebied van die wildtuin plaasgevind. Die wildbewaarder was ten tyde van sy dood aan diens. Sy naam en ouderdom is nog nie bekendgemaak nie.

Dit is ook nie duidelik wat tot die skietvoorval gelei het nie.

“Die besonderhede is nog onduidelik, maar die Suid-Afrikaanse Polisiediens en SANParke werk nou saam om die omstandighede rondom die wildbewaarder se dood vas te stel,” lui die inskrywing wat Woensdag op die wildtuin se Facebook-blad geplaas is.

Phaahla het Donderdag aan Maroela Media gesê die ondersoek duur voort en dat geen verdere inligting beskikbaar is nie.

Cathy Dreyer, die wildtuin se hoofwildbewaarder, het haar meegevoel met die slagoffer se naasbestaandes betuig.

“Dit is ʼn hartseer dag wanneer ons een van ons eie mense, besig met die uitvoering van sy pligte, verloor. Ons werk nou saam met die polisie en kollegas en sal meer inligting op ʼn gepaste tyd bekendmaak.”

Maroela Media het ʼn navraag aan die polisie gestuur en wag nog op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Marius ·

Dis tyd dat die veldwagters behoorlik bewapen word en die mandaad kry om stropers op sig dood te skiet soos in Botswana. Daar is die stropers te bang om reservate te betree.

marius ·

Skiet eerste op sig , en geen vrae na die tyd . Die land is siek vir die gemors wat alles en almal met geweld oorheers .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.