Bewaarder met dwelms op tronkterrein betrap

(Foto: Verskaf)

ʼn Bewaarder by ʼn gevangenis in Mpumalanga is vroeg Donderdagoggend met ʼn verskeidenheid dwelms op die perseel betrap. Die dwelms was onder andere heroïen en crystal meth, met ʼn straatwaarde van honderde duisende rand.

Brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, sê die polisie het om 03:30 die betrokke bewaarder se huis deursoek toe hulle op die dwelms afgekom het. Die huis is op die perseel van die Paxton-gevangenis in Emalahleni (Witbank) geleë.

Altesame 1,5 kg se heroïen en 249 kg se crystal meth is in die huis gevind, asook 3,2 g se kokaïenkristalle en nege halfmaanstukke kokaïenkristalle. Die polisie het ook beslag gelê op ʼn onbekende bedrag geld.

Dié dwelms het ʼn gesamentlike straatwaarde van sowat R1 miljoen.

Die 37-jarige bewaarder is kort daarna in hegtenis geneem.

“Dit is nog nie duidelik of die dwelms aan gevangenes verkoop is en of daar buite die gevangenisterrein daarmee handel gedryf is nie,” sê Mohlala.

Lt.genl. Semakaleng Daphney Manamela, provinsiale kommissaris van die provinsie, het die betrokke beamptes bedank vir hulle deeglike werk om boosdoeners in die departement van korrektiewe dienste vas te trek.

“Ons is almal gelyk voor die reg en enigiemand wat die wet oortree, sal tot verantwoording geroep word, ongeag hul posisie in die samelewing,” sê sy.

Die bewaarder sal na verwagting Vrydag in die Emalahleni-landdroshof op aanklag van dwelmhandel verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
Robert

Iemand wat mense moet help rehabiliteer word gevang met middele om ‘n gevangene onrehabiliteerbaar te maak. Nou tot nou

Casper

Gelyk voor die reg se g.t man.Wat van Zumpie en Malema.Is hulle gelyk voor die reg?

Dries

Is ek verbaas?? En die selfone is by die bure.

Nie Verbaas

Lt.genl. Semakaleng Daphney Manamela,, in tipiese ANC styl lieg jy. Almal is nie gelyk voor die reg nie. Magashule, Zuma, Malema, ens.

Parmantige samaritaan

Niks nuut hier nie.