Bewaarders op soek na beseerde leeu

Foto: Latest Sightings, Facebook

Foto: Latest Sightings, Facebook

Wildbewaarders in die Kruger-wildtuin is op soek na ʼn jong leeu wat met ʼn strik om sy nek raakgesien is.

Nadav Ossendryver, woordvoerder van die groep, Latest Sightings – Kruger, het laat Sondagaand aan Maroela Media bevestig die leeu is nog nie gevind nie.

ʼn Boodskap word op sosiale media versprei aan besoekers in die wildtuin om op die uitkyk te wees vir dié leeu. Indien enigiemand die leeu gewaar, word hulle versoek om die presiese ligging en GPS-koördinate aan te teken en dit dadelik aan die wildtuin bekend te maak.

Die leeu is Saterdagmiddag net voor die hek sou sluit, op die H4-2 in die rigting van die Krokodilbrug, ongeveer 2 km van Laer Sabie, gesien. Hy was op pad weg van die rivier.

Indien jy die leeu gewaar kan jy dit ook op Latest Sightings – Kruger se Facebook-blad aanmeld of stuur ‘n WhatsApp aan 079 504 7410.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Ivan ·

Mag die etter wat daai strik geplant het, aan die selfde manier omkom.
Geen genade, absoluut niks.

Human ·

Ivan, jy stel dit nog baie mooi!! Sal hom vir die leeus gooi en fotos op facebook, media, ens sit, sodat sy familie dit ook sien. Hoop hulle kry hom gou en help hom van sy smarte.

Ivan ·

Maroela, ek het nog nooit iets verkeerds of aanstootlik geskryf nie. Hoekom verwyder julle my kommentaar.
Laat ek dit anders stel: Mag die person wat daai strik gestel het, geen genade ontvang nie.

Francois ·

Ek stem maroela – maar daar is werklik niks mooi te se oor die hele prentjie nie.

anon ·

ivan ek stem saam met jou arme dier ek like leeus en diere bja mense toon geen respek teen oor wilde diere ni

Peet Schabort ·

Onthou dat daar diegene is wat teen ‘n strop om die nek is vir moord maar hierdie een wat dít gedoen het . . . . netnou word ek weer getrap met die waarheid en dat ek kwansuis niks weet.

PJ ·

Seker weer vir die Sjinese mark naels en beendere mos ook goed vir een of ander iets. Dit was mos hoeka kortbroek en vali moosa se briljante idee om dit n oorgrens park te maak

Elbie ·

Hoe siek is dit nie! Ek hoop die wreedaard word voorgele deur n trop honger leeus!

Bertie ·

Ek is nie verbaas oor die “slegte” berig nie. ons was self die afgelope Desember in die Wildtuin en het maar gesukkel of van die groot katte op te spoor. Wat my egter verstom is dat die dag besoekers die park vertrap en geen pad reels en of spoed reels respekteer nie. Die verkeers afdeling het luiters nie op enige van ons klagtes gereageer nie. Ek noem hierdie aangesien dit my persoonlike meening is dat patrollies om wildstroping met die selfde gesindheid benader word. Ek was deel van 4SAI wat in 1991 die grenslyne bewaak het en ons het tonne strikke en onwettiges gekeer wat gewetenloos hierdie stropings uitvoer. Die park kan nie anders as om in te val met die res van SA se wanbestuur nie…jammerlik!

Anoniem ·

Was selfs nuwejaarsdag in wildtuin by Pelindaba….Wat ons daar gesien het is verstommend….Daar is mense wat soos n windlawaai aangejaag kom, vir die wilde diere toet om van die pad te gaan en verder jaag om te gaan braai in braai area… Mense die wildtuin is daar om stadig te ry, die mooi te aanskou wat God geskape het …

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.