Bewaringsbeampte, sakeman vas oor renosterhorings

Foto: SAPD/Facebook

ʼn Beampte van Noordwes se departement van ekonomiese ontwikkeling, omgewingsake, bewaring en toerisme en die eienaar van ʼn veiligheidsmaatskappy is in hegtenis geneem vir beweerde onwettige handel in renosterhorings.

ʼn Multi-departementele span, wat onder andere uit lede van die Groen Skerpioene en Valke bestaan het, het die twee mans Donderdagmiddag in hegtenis geneem en op ʼn voertuig beslag gelê.

“Die verdagtes het na bewering 17 renosterhorings van die Noord-Kaap na Noordwes vervoer in stryd met die permitvoorwaardes wat deur albei provinsies uitgereik is,” het Albi Modise, woordvoerder van die departement van bosbou, visserye en omgewingsake, gesê.

“Daar word ook beweer dat die mans betrokke is by die handel in renosterhorings deur permitte te gebruik om hul onwettige aktiwiteite te verbloem.”

Die verdagtes sal Maandag in die Mmabatho-landdroshof verskyn op aanklagte wat verband hou met die oortreding van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Biodiversiteit en die oortreding van permitvoorwaardes.

“Ondersoeke in die verband duur voort,” het Modise gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Tiptol

Persone in sulke posisies wat dit misbruik moet tronk toe gaan.

SjN

MM, noem die skelm beamptes se name, skuim in sekere poste.

Eugene

Wanneer stop dit? Gooi hierdie mense lewenslank in die tronk. Iewers is die regering ook betrokke

Pieter

Welkom in afrika hulle plunder als wat voor kom die goed word brein dood gebore.

Miskruier

Hartseer hoe sommige geld vooropstel. Geen lewe, hetsy mens of dier, is vir die geldaanbidders van waarde nie.