Bewaringsbevel toegestaan vir dwelmlaboratorium op wildsplaas

Van die toerusting wat op die plaas gevind is (Foto: SAPD/Facebook)

Die Valke en die Nasionale Vervolgingsgesag het ʼn bewaringsbevel bekom ná bewerings van dwelmhandel van meer as R4 miljoen.

Kapt. Matimba Maluleke, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), sê die bevel is op 22 April 2022 in die Polokwane-hooggeregshof toegestaan.

“Die polisie in Marble Hall het op 16 Junie 2020 op ʼn groot dwelmlaboratorium afgekom op die Pieon-wildsplaas in die Marble Hall-gebied. Die polisie het twee verdagtes in hegtenis geneem en beslag gelê op dwelmmiddels van meer as R10 miljoen asook vuurwapens. Die ondersoek is oorgegee aan die Valke se eenheid wat ernstige georganiseerde misdaad ondersoek.”

Tydens verdere ondersoek is daar ook beslag gelê op verskeie motors op die plaas, insluitend ʼn Mercedes-Benz-vragmotor, Isuzu-vragmotor, Hyundai Elantra, Mitsubishi Pajero, Bedford-vragmotor, Great Wall Motors-vragmotor, Diamond-sleepwa, Black Vinno-sleepwa, Toyota Hilux en ʼn Perkins-kragopwekker.

“Die hof het die Valke se batebeslagleggingseenheid magtiging gegee om die bates van Pieon-wildsplaas, by Toitskraal in Marbla Hall, te bewaar tot die uitslag van die beslagleggingsverrigtinge ingestel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.