Beweerde aanhitser vas vir onluste

Soldate gedurende die onluste in Gauteng. (Foto: GCIS)

ʼn Man wat na bewering een van diegene is wat die sogenaamde Zuma-onluste in KwaZulu-Natal en Gauteng aangehits het, is Maandag deur die Valke in hegtenis geneem.

Onluste het verlede maand grootskaalse beskadiging van infrastruktuur en plundering van goedere tot gevolg gehad.

Die politieke party GOOD het intussen inligting oor drie WhatsApp-groepe aan die polisie verskaf, wat glo gestig is om verlede maand se oproer aan te hits.

Brett Herron, sekretaris-generaal van die party, het gesê die groepe bevat bewyse van ʼn aantal mense wat opgetree het met die gemeenskaplike doel om die geweld en verwoesting te organiseer en aan te hits.

GOOD het die name van die betrokkenes aan die polisie verskaf, maar die omvang van hul betrokkenheid of hul senioriteit is egter nie bekend nie.

Kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die Valke, sê die beweerde aanhitser wat Maandag deur die Valke en die Vrystaatse polisie vasgetrek is, sal Woensdagoggend in die Bloemfontein-landdroshof verskyn.

“Die 40-jarige verdagte se motor is tydens sy inhegtenisneming deursoek en ʼn aantal bewysstukke van sy betrokkenheid by die onluste is gevind.”

ʼn Aanklag in verband met die aanhitsing van openbare geweld kan die verdagte moontlik in die gesig staar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Sarel ·

Hierdie inligting moes mos deur Dept. Van
Staatsveiligheid voorsien gewees het..’n
Heel Junior Party beskik oor die inligting
Waar is die groter en sterker Partye.
Wat is die ” aangekeerde” se Poltieke
verbintenis.

Frik ·

En wanneer, indien ooit, word die aanhitsers vanuit Zuma se familie en binnekring in hegtenis geneem?

Werner ·

Hulle is steeds besig om wol oor ons oe te trek.Hierdie sogenaamde aanhitsers is nie die ware aanhitsers nie.

Persheks Adri ·

Stem Werner hulle dink mos ons is vlak in die dak pffft

Persheks Adri ·

Carl en Zuma se kinders loop ook nog vry rond en daar word nie opgetree nie pffft!!! Ek’s seker al die aanhitsers sal borg kry en ‘n tikkie oor die vingers… Bekotsingswaardig verby

Harley Davidson ·

Malema en Zuma se dogter het dit openlik op nasionale media gedoen wat beter bewyse word benodig om hulle te arresteer vir aanhitsing.

marius ·

In die hool is niemand vas nie . Hou maar dop as hy op borg vrygelaat word . Die ware karakters agter die gemors sit in die parlement en lag . Daaraan sal niks verander nie .

Elize ·

aanhitsing van openbare geweld kan die verdagte moontlik in die gesig staar?? Regtig? Eerder Terrorisme en moord. Daar is hoeveel mense dood!!

Chef ·

Daar is GEEN politieke wil om dit op te los nie, want dit sny te na aan die been! Die regstelsel, lees SAP en regsbank is nutteloos, kyk maar na persentasie suksesvolle ondersoeke en vervolgings.

Adriaan ·

Ek wonder wat die soldaat lings op die foto se tyd vir die 2.4 km is …

Jurie ·

Gaan ‘n raaiskoot waag,dink jy kan dit op ‘n kalender meet ????????

Marius ·

Nou wat moet die handjie vol belasting betalers doen met die inligting . Die persoon is gevang en wat nou , sluit hom of haar toe en gooi die sleutel weg dan sal dit nuuswaardig wees .

Anthony ·

Die Rewanda genocide het ook begin met net boodskappe wat uitgestuur is, sommer op die radio daai tyd. Baie gevaarlik as mens sien hoe erg die skade is. En dit was net 3 groepe gewees nou?

Anoniem ·

Dit is goed GOOD, doen so voort! Hopelik word al die balhelms aangekeer met jul hulp

Buks ·

Wat is die ou se naam? Hoekom nie hule name en gesigte wys nie?

Mariana ·

En steeds is die Zumas en Malema nog op vrye voet. Hulle was die grootste aanhitsers. Hulle moet ook aangekeer word. Is hierdie die werklike aanhitsers wat nou gevang is of is hulle dalk die klein vissies uit die groot meer van aanhitsers. Niehaus ook groot vis, is hy nie?

Hasie ·

Dit is soos ‘ n piramide… Vang die bopunt en die onderpunt sal wel verkrummel .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.