Beweerde dief in Transnet-pyp gekry

’n Liggaam is Woensdag in ’n petrolpypleiding, wat petrol van Kendal na Waltloo vervoer, aangetref. Die vermoede bestaan dat die oorledene ’n dief was wat met die petrolpyp gepeuter het.

Michelle Phillips, uitvoerende hoof van Transnet-pypleidings, sê dié maatskappy het sy noodreaksieplan in die vroeë oggendure in werking gestel toe die nasionale bedryfsentrum ʼn verlies aan druk op die Kendal-na-Waltloo-petroleumpypleiding opgemerk het.

Sekuriteitspanne is onmiddellik geaktiveer en het die liggaam van ’n ongeïdentifiseerde persoon in die blokklepkamer aangetref.

Die voorval is by die polisie aangemeld en ʼn geregtelike doodsondersoek is begin.

“Hierdie voorval is ʼn waarskuwing aan oortreders omtrent die gevare daaraan verbonde om te peuter met hoëdruk petroleumpypleidings. Hul optrede het in die verlede al tot sterftes, ernstige beserings, brande, ontploffings, omgewingskade en ander bateskade gelei,” sê Phillips.

Hierdie grusame dood bring die totale aantal sterftes wat in dié konteks die afgelope drie jaar aangemeld is op sewe te staan. “Sou die kriminele aktiwiteite voortduur, kan meer mense sterf,” sê Phillips.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Swerwer ·

Pragtig mag hul almal dit oorkom. Geregtigheid sal geskied al neem dit soms lank.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.