Beweerde dronkbestuurder glo in die agterstewe geskiet

Argieffoto Foto: stevepb, Pixabay

ʼn Vermeende dronkbestuurder is in ʼn stabiele toestand in die hospitaal ná hy tydens ʼn dramatiese jaagtog deur Nelson Mandelabaai-metropolisiebeamptes geskiet is.

Andrew Moses, waarnemende hoof van die metropolisie, het gesê beamptes het aanvanklik die grys motor in Sydenham opgemerk waar die bestuurder roekeloos van links na regs beweeg en drie rooi verkeersligte verontagsaam het.

“Die man het geweier om stil te hou en in die baan van aankomende verkeer in Uitenhageweg gery. Op die hoek van Spondo- en Uitenhageweg, in die omgewing van Kenako Mall, kon twee van ons patrollievoertuie die motoris voorkeer.”

Moses het gesê die 42-jarige man het ʼn voorwerp in die rigting van ʼn metropolisielid gerig en, uit vrees vir sy eie veiligheid, het hy ʼn skoot gevuur en die man in sy boud gewond. Die voorval is by die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) aangemeld.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Pieter ·

Nogal moeilik om iemand in sy boud te skiet as jy voor hom staan.

Nikita ·

O gaats. Wat verstaan die man dan nie van…..”Dont drink and drive?” Jaha….drank is die duiwel se koffie!

Jan van Niekerk ·

As hy nog in sy voertuig gesit het, is die resultaat ook ewe onwaarskynlik.

lulu ·

ai ja jai
so dronkie was so dronk dat hy gatkant na sapd staan maar bolyf kyk na hulle
wie was meeste dronk hy of hulle

Theresa B ·

Ha Ha – Sê ek ook Pieter. Maar heng ons moet hoor waar kry hulle sulke patrone wat ‘n U-draai kan maak. Ha Ha!!
“Voorwerp in die rigting van die polisie gerig en is toe in die boud geskiet”

KJ ·

Maar as ek iemand 03:05 in my huis kry, dan mag ek nie…al het hy n wapen op hom. Klink na nonsense dié, van agter af geskiet? of sit die man se boude voor?

Nel ·

Niks verbaas meer nie – alles in hierdie land is gatkant voor…

madels ·

lol! :-) lekker lag ek nou vir al die kommetare!! hie hie… die storie klink darem ook baie snaaks …ha ha ha ha

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.