Beweerde ‘klipgooiers’ op heterdaad betrap

Foto: Twitter via @DeanMacpherson.

Die polisie in Durban het Donderdag twee mans in hegtenis geneem wat na bewering met ʼn swaar klip oor die Queen Nandi-rylaan-brug geleun het – vermoedelik om dié klip op ʼn verbygaande voertuig te gooi.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, sê die polisie was besig met patrollie toe die twee verdagtes met ʼn klip op die brug gewaar is.

“Polisielede het op die verdagtes toegeslaan en afgesien van die klip ook ʼn mes en handskoene in hulle besit gevind,” het Gwala gesê.

Sy sê die verdagtes is onmiddellik in hegtenis geneem en word aangehou by die Greenwood Park-polisiestasie.

Die mans sou Donderdag deur die loop van die dag in die landdroshof in Durban verskyn.

Genl.maj. Bheki Langa, provinsiale polisiekommissaris, het die polisie geloof vir die inhegtenisnemings en gesê die polisie sal aanhou om dié sogenaamde klipgooi-voorvalle op hoofweë ʼn nekslag toe te dien.

Dié inhegtenisnemings volg ná vyf voorvalle in minder as ʼn maand in dié provinsie waar bestuurders ernstig beseer is of dood is nadat ʼn klip vanaf ʼn brug gegooi is.

Meer as R250 000 is vroeër vandeesmaand ingesamel as beloning vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming en skuldigbevinding van die oortreders wat verantwoordelik is vir die dood van twee kinders nadat ʼn reuseklip aan die begin van die maand van ʼn brug in die Umhlali-gebied in KwaZulu-Natal afgegooi is. Die twee kinders wat dood is, is as Aamina Haffejee (16) en Abdur Haffejee (7) geïdentifiseer.

Die Suid-Afrikaanse burgerlike organisasie Sanco het die KwaZulu-Natalse pad- en verkeersbestuursowerhede en munisipaliteite vroeër vandeesmaand, ná die vyfde voorval, versoek om maatreëls in te stel om klipgooi-voorvalle op die N2 te beëindig en dié wat verantwoordelik is vir die gepaardgaande lewensverlies aan die pen te laat ry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Jana ·

Kan hulle nie hoe palisade heinings op brue bou waar dit oor die paaie gaan nie – is seker dit sal help

Werner ·

Jy hoor dan op Carteblance dat die mense hou nie daarvan nie, want dit voel asof hulle in ñ hok is. Gevoelens is so belangrik in nuwe SA.

CvH ·

Dan gaan hulle net die heining afbreek en as skroot yster verkoop……….

toy ·

Uitstekend, ons soek Polisie wat so wakker is in hierdie land.

Daan ·

Te min te laat onskuldige kinders is vermoor en die media is weer te bang om te sê wie verantwoordelik is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.