Beweerde korrupsie met weermag se rantsoenpakke

Lede van die polisie en weermag op patrollie in Mithcells Plain in die Wes-Kaap tydens die afsonderingstydperk. (Foto: SA Polisie/Twitter)

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) het erken dat daar moontlik korrupsie is met die aankoop van rantsoenpakke (ratpacks) wat aan soldate uitgedeel word wat tans tydens die nasionale inperking diens doen.

Die weermag se skakelbeampte, kol. Louis Kirstein, sê ʼn klag van bedrog is reeds teen ʼn verskaffer by die militêre polisie gelê en ʼn span ondersoek die klag.

Die hoof van die Nasionale Weermag, genl. Solly Shoke, sê as die bewerings waar is en bewys kan word, sal dit op sabotasie neerkom omdat die weermag se mandaat is om Suid-Afrika te beskerm.

Dié uitsprake deur die weermag volg nadat Maroela Media die afgelope naweek videomateriaal ontvang het wat wys hoe die oorspronklike datum van verpakking op die rantsoenpakke toegeplak word en dat ʼn nuwe datum op ʼn plakker aangebring is. Die kos in dié pakke is na wat verneem word feitlik oneetbaar en word dikwels weggegooi.

Derduisende lede van die weermag wat tans tydens die inperking diens doen, het vir die eerste drie weke glo ʼn toelaag ontvang om self kos te koop, maar toe die tydperk verleng word, is begin om rantsoenpakke aan hulle uit te deel.

(Foto: Themba Hadebe/AP)

Die groothandelverskaffer van die rantsoene is die Cerac Group. Cerac se hoof-uitvoerende beampte, Stephen Weir, het by navraag aan Maroela Media gesê die kos in die rantsoenpakke voldoen aan die hoogste standaarde en word deur die nasionale reguleerde vir verpligte standaarde (NRCS) getoets voor dit aan die weermag gelewer word.

Hy sê daar heers verwarring oor die betekenis van die “beste voor-datum” en die werklike vervaldatum.

“Mense verstaan nie die beskrywing van die datums nie; die beste voor-datum beteken nie dat die kos nie langer eetbaar is nie,” sê hy.

Volgens Weir is slegs drie items in die rantsoenpakke se beste voor-datums verander.

“Ons het aandag aan die probleem gegee en die weermag dra kennis daarvan,” sê Weir.

Cerac verskaf die rantsoene aan 15 goedgekeurde verskaffers wat almal aan die rasvereistevoorwaardes voldoen om met die staat sake te doen.

Weir sê hy word deur die middelmanverskaffers betaal, maar erken dat Cerac die rantsoene by die weermag aflewer. Maroela Media het van die middelmanverskaffers probeer kontak, maar van die telefoonnommers bestaan nie en ander is nie beantwoord nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jaco ·

As die meeste soldate wit was, het ek die oneetbare kospakkies verstaan. Seker maar nog ‘n “straf” vir apartheid. Maar hier is our people in die weermag betrokke wat die kospakkies kry. So our people sorg sleg vir our people. Iets maak nie sin nie.

Genis ·

What’s the difference between ‘best before’ date and expiry date? Expiration dates tell consumers the last day a product is safe to consume. Best before date on the other hand tells you that the food is no longer in its perfect shape from that date. It may just lose its freshness, taste, aroma or nutrients.

Piet parys ·

Ja die best before is reeds geskep om die mense te verwar. 3 maande na die BB datum is die inhoud nie meer geskik om te gebruik . Wel volgens google

Eerlik ·

Was bloot bederf met die ekstra kos toelaag, nou soek hulle verskoning want die “ratpacks” gee hulle nie vryheid om te eet wat hulle wil nie. Tipiese SA mentaliteit, gee die pinkie en dit gryp die hele arm.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.