Beweerde korrupsie oor Hop-huise in KZN ondersoek

Willies Mchunu

Willies Mchunu

Die KwaZulu-Natalse regering sal ʼn forensiese ondersoek doen na bewerings van onreëlmatighede in die toekenning van Hop-huise in die provinsie.

Willies Mchunu se premierskantoor het Sondag in ʼn verklaring gesê dat die besluit die afgelope Woensdag geneem is tydens ʼn vergadering van die provinsiale uitvoerende raad.

In ʼn peiling wat in 2015 onder 22 000 huishoudings gedoen is, het 64% van respondente aangedui dat hulle gelukkig is met die provinsiale regering se dienste. Die oorblywende 36% se ongelukkigheid het grootliks gesentreer rondom behuising en werkloosheid, lui die verklaring.

“Juis daarom het die uitvoerende raad besluit dat daar dringend ingegryp moet word om die korrupsie met die toekenning van Hop-huise hok te slaan. Daar word beweer dat hierdie huise aan vriende, familielede en politieke kennisse gegee word wat nie volgens die nasionale kriteria vir Hop-huise in aanmerking kom nie.”

Daar word ook beweer dat die huise deur raadslede verkoop of verhuur word vir persoonlike wins.

Die KwaZulu-Natalse departement van menslike nedersettings het aan die Morris Webb-rasseverhoudingsinstituut toestemming gegee om navorsing te doen oor beweerde onreëlmatighede in die toekenningsproses van Hop-huise asook die verskynsel van “plakkershut-heerskappy” in informele nedersettings.

Die ondersoek sal na verwagting teen Februarie 2017 afgehandel wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jan maak n Plan ·

Stem saam met Alida di al ou nuus. Die ondersoek sal seker wees soos die een van Nkandla. Ook meer seker weer jou mmatjies kry huise en myne kry nie en nou is ek bitter. Maa moenie “worry” nie dis nog lekke in die ANC.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.