Beweerde molestering: NVG vra geduld

swaai

(Foto: pixabay)

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) sê hy beskou sake waar vroue en kinders slagoffers van misdaad is as ʼn prioriteit, veral gegewe die vlaag geslagsgeweld waaronder Suid-Afrika gebuk gaan.

Kholiswa Mdhluli, woordvoerder van die NVG, sê ook sake waar kinders betrokke is, word met die grootste omsigtigheid hanteer sodat die slagoffertjies nie tydens die voorbereiding vir ʼn verhoor, óf tydens die verhoor self, ʼn tweede keer getraumatiseer word nie.

Maroela Media het vroeër berig oor ʼn ma van Fochville wat moedeloos met die regstelsel is omdat die saak – waarin haar man van haar tienjarige dogtertjie se molestering beskuldig word – nou al verskeie kere uitgestel is.

Volgens die ma het sy foto’s en video’s op haar nou vervreemde man se skootrekenaar en selfoon ontdek waar hy glo sy stiefdogter molesteer. Sy sê sy het onder meer een van haar dogter se broekies op die beeldmateriaal herken.

Sy het Oktober verlede jaar ʼn klag by die polisie aanhangig gemaak, maar voel dat die kwessie sedertdien nog weinig gevorder het.

Die vrou het gesê die landdros wat die saak aanhoor, het verlede Maandag boonop gedreig om die saak van die rol te skrap omdat die ondersoek glo steeds nie afgehandel is nie.

Die kind se ouma het gesê dit voel of sake soos dié nie vir die owerhede ʼn prioriteit is nie.

Volgens Mdhluli is die ondersoek na die beweerde molestering inderdaad nog aan die gang en sal ook nie voor die volgende hofverskyning [op 31 Maart] afgehandel wees nie. Sy wou nie verdere besonderhede oor die ondersoek bekend maak nie, uit vrees dat dit die ondersoek in die wiele kan ry.

“Die ondersoekbeampte gaan in die hof benodig word om getuienis te lewer en daarom is dit nie verpligtend vir hom om met elke hofverskyning teenwoordig te wees nie – veral nie as hy vooraf ingelig word dat die saak waarskynlik uitgestel gaan word nie,” het sy gesê.

Sy het gesê die NVG het ook groot begrip vir families se frustrasie met die hofproses wat gevolg moet word.

Sake verskil na gelang van die meriete daarvan. Sommige sake is uiters ingewikkeld en het meer tyd nodig om afgehandel te word, maar die NVG dra altyd die slagoffers se belange op die hart.

Sy het die familie gevra om geduld te gebruik en gesê sodra die ondersoek afgehandel is, sal ʼn verhoordatum vasgestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Belinda

Geduld? Nadat daar wel bewyse op sy rekenaar en foon gekry is, kan hy moes nie op bail uit wees nie, dan vat alles nog soooo lank, hoeveel doen hy nie intussen en nou is daar nie ‘n rekenaar of foon vir bewyse…… elke haar rys regop by die wete dat ‘n molesteerder / moontlik verkragter op 1500.00 borg uit is. As dit jou kind was, sou jy geduld gehad het?

marius

Verduidelik dan hoekom die hof die saak van die rol wil skrap ? Verduidelik of die aansoek om borg teegestaan is , en of die ondersoekbeampte of die kind se familie getuig het ? Verduidelik ook waarom die familie nie met ‘n interdik bygestaan is nie ?

Eugene

Maar net nog n deel van die anc se regering wat nie die mas kan opkom nie. Nog nooit van sulke lang ondersoeke gehoor as die beskuldigde skuld erken. Iemand is besig om vir iemand te lieg en bedrieg om sodoende onvermoë te versteek