Beweerde motordiewe vasgetrek; polisie waarsku teen werkswyse

Foto: Pixabay

Die polisie het twee mans in Pretoria in Gauteng in hegtenis geneem wat na bewering voertuie steel deur hulle voor te hou as voornemende kopers waarna hulle valse bewyse van oorbetalings aan kopers voorhou en dan met die voertuie op die vlug slaan.

Hoofsupt. Wilfred Kgasago, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD), sê die polisie het die afgelope naweek gereageer op ʼn wenk van die twee mans wat hulle na bewering skuldig maak aan motordiefstal deur elke keer dieselfde werkswyse te volg.

Kgasago sê die twee verdagtes is die afgelope naweek in Soshanguve in Pretoria in hegtenis geneem en het glo twee gesteelde voertuie, ʼn Volkswagen Golf V en ʼn Volkswagen Golf VI, in hul besit gehad.

In ʼn voorlopige ondersoek is twee slagoffers, vermoedelik die eienaars van die Volkswagen-voertuie, reeds geïdentifiseer.

Kgasago het gewaarsku dat lede van die publiek waaksaam moet wees vir dieselfde werkswyse waartydens motordiewe toeslaan. “Verkopers word deur die verdagtes genader om na die motor te kyk. Daarna vra hulle vir die verkoper al sy besonderhede waaronder die bankbesonderhede en ʼn selfoonnommer. Die verkoper kry sowat ʼn dag of twee later ʼn SMS-boodskap dat die geld in sy rekening inbetaal is waarna hy die voertuig aan die verdagtes gee. Die verkopers kom gewoonlik eers ʼn dag later agter dat die bedrag nie in hul rekeninge registreer nie, maar die verdagtes het teen dié tyd dan reeds gevlug.”

Albei verdagtes is steeds in polisieaanhouding. Die voertuie wat in hul besit was, is na ʼn polisieskut geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Pierre ·

Jy is plein stupid as jy nie seker maak die geld is in jou rek nie.

Piet Pompies ·

‘n Mede werker het ‘n tyd gelede ‘n Ford bakkie elektronies gekoop. Hy het die advertensie op internet gesien, die verkoper gekontak, ooreengekom oor ‘n prys, paar ekstras bygevoeg met addisionele koste. Die eienaarskap van die voertuig is bevestig, alles elektronies. Die geld is oorbetaal in die verkoper se rekening. Koper ry omtrent 300km tot op Meyerton GT na die adres soos deur die verkoper verskaf. Hy word begroet deur ‘n onverwerkte stuk grond met ‘n bande handelaar in die nabyheid. Die koper gaan doen navraag by die bande handelaar net om te hoor dat hy nie die enigste persoon is wat gevang is met die soort SCAM.

Alida ·

Pierre, jy dink jy is baie slim. Dit het met iemand gebeur wat ek goed ken. Die “koper” koop die motor, betaal met sy kaart, jy kry ‘n strokie wat sê “approved” en hy ry weg met die kar. ‘n Dag later bel die bank om te sê die transaksie is gekansselleer en onttrek weer die geld uit jou rekening. Dit is konkelwerk binne in die bank of nugter weet hoe hulle dit doen. Dit is alles aan die SAPD oorhandig en hopenlik word die skelm vir daardie spesifieke transaksie gevang.

Lientjie ·

‘n Sms se niks nie. Gaan na jou bank en maak seker die fondse is wel in jou rekening. Ek werk vir ‘n handelaar en enige kontant koop of dep moet ons toestemming van hoofkantoor kry dat die geld wel in ons rekening wys en moet 24 uur in ons rek wys voor ons ‘n voertuig kan aflewer. Die dae van in loop en ‘n voertuig kontant koop en uit ry is getel. Mense moet so , so versigtig wees!

LouE ·

Mens ontmoet die koper binne in die bank. Hy betaal die geld daar oor en die bank gaan die transaksie na. Dan oorhandig jy die sleutel en papiere daar in die bank. As hy dit nie wil doen nie is daar ‘n slang in die gras.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.