Beweerde plaasaanvallers in hul spore gestuit

Die Tac Net-eenheid se span het twee weke op die plaas gebly (Foto: Tac Net APU, Facebook)

’n Groep vermeende plaasaanvallers is Woensdagoggend op ’n vooruitstrewende plaas digby Oos-Londen in die Oos-Kaap in hul spore gestuit. Dit volg nadat inligting twee weke gelede aan die lig gekom het dat hulle glo beplan om dié plaas te beroof. Vyf van die aanvallers is in hegtenis geneem.

Abri Pienaar, eienaar van die Tac Net-teenstropingseenheid, sê ’n informant het twee weke gelede die polisie van die beplande plaasaanval verwittig, waarna die eienaar van die plaas hul hulp ingeroep het. Pienaar sê lede van sy eenheid het die afgelope twee weke op die plaas gebly om die aanvallers in te wag.

“Die aanvallers het vanoggend (Woensdag) omstreeks 07:00 toegeslaan. Hulle het in die bosse buitekant die huis gewag totdat die plaaseienaar die honde sou uitlaat. Ons span het hulle gewaar en hul planne gefnuik,” vertel Pienaar.

Pienaar sê sy span het daarin geslaag om vyf van die aanvallers vas te trek. Hy sê twee, of moontlik drie, het weggekom.

Volgens Pienaar het hulle glo twee vuurwapens en messe in hul besit gehad. Sy span kon op die messe beslag lê, maar hulle soek nog die vuurwapens.

Pienaar vertel die vyf wat in hegtenis geneem is, het klaarblyklik uitstaande klagte van roof en poging tot moord teen hulle. “Die polisie soek hulle glo al vir ’n geruime tyd,” sê hy.

Maroela Media het ’n navraag aan die Oos-Kaapse polisie gerig, maar wag nog vir terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Kokerboom ·

Welgedaan mense. Resultaat van paraatheid. Werk hul gal vir hulle

Althes ·

Dankie Vader dat die booswigte in hul spore gestuit is.
Dit wys net hoe lank voor die tyd aanvalle en rooftogte beplan word.

Harry ·

Hiep hiep hoeraaa! Dis voorwa goeie nuus. Sinvolle intelligensie lei tot voorkoming Minister Cele.
Hierdie nuus maak beslis my dag.

Prikkie ·

Puik mense puik!

Ons sal maar net moet saamstaan. Daar is nie ‘n ander uitkoms nie.

katerinadiekat ·

Goeie nuus. Veiligheidswenk hieruit te leer: Hou n Groot area rondom jou huis skoon van plante, bome en bosse. Dis nou nie n baie mooi omgewing rondom die huis nie, as dit so bar en steriel is. MAAR ons, en veral die boere, leef in n oorlogsone. Normale lewe en maniere van dinge doen is eenvoudig nie meer n opsie nie.

Aai ·

Hou net aan om goed te sorg vir jou informant dan sal hy goed wees vir jou soos in die ou dae.Welgedaan

Die Wolf ·

Die informant moet net nie gulsig begin raak nie. Praat van ondervinding.

SomeOne ·

met die tipe mes het hulle nie gekom om te help piesangs skil nie

Johan ·

As ek so na die mes kyk,dink ek dat diè wapen onskuldige mense se kele sou afsny! Boere ,gee pad uit hierdie land terwyl julle nog kan,dinge gaan erger word.

Vonkprop ·

Wragtig dis nou goeie nuus. Wel gedaan. Lyk my een van die karnallies het ‘n seerplekkie op die koppie gekry. Ek hoop iemand het ‘n pleistertjie geplak.

Annette ·

Wonderlik om sulke positiewe nuus te lees! Mag die informant geseënd wees. Duisend dankies vir Tac Net en elkeen wat meegewerk het om die aanval te stuit. Dank die Here vir Sy genade.

Boertjie ·

Dis nou knap gedaan! ‘n Gesin se lewens 10 teen 1 gered. Net jammer die swerkaters is nie stil-stil eers mooi vertel om dit nie weer te doen nie…

JohanEtz ·

Informante en betroubare info is goud werd. Wat van “flyers” regoor die land versprei, waar vergoeding aangebied word vir betroubare inligting wat sal lei tot die inhegtenisname van sulke misdadigers?

Jack ·

Tyd dat informante geplant word soos in die ou dae. Dit werk maar ek stem nie saam met net inhegtenis neming nie. Dis te sag en geen boodskap word aan voornemende boewe gestuur nie. Hoender en tv vir hul moeite.

Johannes Andries ·

Nee die polisie soek hulle nie, hulle soek kwitansies van rokers waar hulle sigarette gekoop het en drank bottels. Ons moet eerder Tac net vergroot en hulle help om uit te brei. Hulle is ‘n firma waarop geteken kan word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.