Beweerde plaasmoordenaar kry borg, nou skoonveld

Tshepo Justice Rasodi (Foto: Verskaf)

Die polisie is op die spoor van ʼn 27-jarige moordverdagte wat nie vir sy hofverskyning verlede Woensdag in die Lephalale-streekhof in Limpopo opgedaag het nie. Borgtog van R1 000 is vroeër aan Tshepo Justice Rasodi toegestaan. Toe hy egter nie opdaag vir sy verhoor nie, is ʼn lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik.

Rasodi is aanvanklik in hegtenis geneem vir die moord op Hendrick Peter Peterson (57) op 6 Februarie 2017 op sy plaas Fourieskloof buitekant Lephalale (Ellisras). Die verdagte en drie medepligtiges is ná ʼn intensiewe ondersoek deur die polisie in hegtenis geneem.

Volgens kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder in Limpopo, het dié vier verdagtes die plaas betree en Peterson, die eienaar van die plaas, met ʼn swaar voorwerp oor die kop geslaan. Hulle is daarna vort met Peterson se wit Isuzu-bakkie, asook twee van sy gewere en twee selfone.

Peterson is met sy aankoms by die hospitaal reeds dood verklaar.

Die polisie doen ʼn beroep op mense met inligting wat tot die inhegtenisneming van Rasodi kan lei, om AO Oosthuizen by 082 783 5623, Stop Misdaad by 08600 10111 of die naaste polisiestasie in kennis te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

SomeOne ·

al die moeite verniet, hoop die howe , regstelsel het nou geleer om nie moordenaars op borg vry te laat nie

André ·

Sluit die Landdros of Regter wat die borg toegestaan het toe.ń R1000-00 borg vir moord?Is dit wat n lewe vandag werd is in Suid Afrika?

netMYopinie ·

Daar het ons dit. Vir slegs n skamele R1000 kan hulle wegkom vir moord en roof .

Jaco ·

Die polisie kan net soveel doen, justisie is die sondaar hier en die landros moet kan motiveer vir so n lae borgtog vir so n ernstigge klag.

In Amerika vir sekere aanklagtes kan borgtog nie toegestaan word nie

Leeuwyfie ·

Jaco moord moet verseker een van die beste redes wees om borgtog te weier.

Strandloper ·

R1000 borg? Hoe siek moet mens(sic) wees om so iets toe te laat?

Pieter J ·

Ek wonder soms is dit van onnoselheid dat borg aan moordenaars toegestaan word of is daar ń politieke agenda want as ek sien wat gebeur alles op die regbank en wie daar is vertrou ek glad nie meer die regbank nie.

Henri ·

This is only in South Africa. R1000.00. Shame to our justice system.

Sarel ·

Die Staataanklaer wat gesorg het dat die man borg kry moet vervolg word.

Santjie ·

Waarom vra hulle die publiek se hulp? Die publiek help en die beskuldigdes word gearresteer, maar na almal se samewerking, is hulle uit op borgtog!

Leon ·

Nou wat verwag julle. Dink julle hy moet rondsit en wag om gevonnis te word. Julle moet laf wees. Jy verdwyn so vinnig moontlik. Die nuwe Suid Afrika is lekker. Jy pleeg moord en dan vra hulle jou ‘n paar rand en dan sê hulle nou kan jy maar gaan en verdwyn.

Daniel Pieter Schoeman ·

Wys jou gee borg hy gaan nog mense vermoor om dat iemand nie hul werk kan doen nie , wat soek hy daar of is daar ander redes daar voor ????????

Jakes ·

Dit word nou die norm om moordenaars dadelik borg toe te staan. Wat is die hoofregter se opinie hieroor? Moord is n skedule 6 oortreding en mag borgtog in slegs uitsonderlike gevalle toegestaan word. Weereens word die vrag gevra of sommige regslui bevoeg is om belangrike poste soos staatsaanklaers, landroste en regters te beklee?

MIA ·

Is daar nou regtig gedink dat hy sal terugkom nadat hy Borgtog gekry het. Dis belaglik hoe die regstelsel nou werk. Jy moor, kry borgtog en verdwyn en moor maarnet weer.

Mienks ·

Net nog een wat vry gelaat is, ons wet gewing is ‘n grap. hulle kan moor soos wat hulle lus het maar laat iemand nou net aan hulle nasie raak dan moet daar gesit word sonder borg, of die mense nou onskuldig of skuldig is daar word nie borg gegee nie. hoeveel mense het hy nie nog gemoor vandat hy uit is op borg. hy is lankal nie meer in Suid afrika nie

Hekwag ·

Kees en Kie… met Boggom aan die spits. Ai, betreurenswaardig!

Asgat ·

Kyk nou net die Jurgen vandekeere saak, borg tog toegestaan en hy was hoe lank oorsee…. hulle leer nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.