Beweerde plaasmoordenaar weer in hof

Andrew Ndlovu (Foto: Ian Cameron via Facebook)

Andrew Ndlovu, ook bekend as Andrew Druza, die man wat onlangs vir die moord op Christine Robinson (59) in Julie 2014 in hegtenis geneem is, se hofsaak is weer uitgestel. Dit was sy tweede verskyning in die hof sedert hy einde Julie aangekeer is.

Mashudu Malabi-Dzhangi, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het bevestig Ndlovu sal na verwagting op 29 Oktober weer in die hof verskyn. Hy is geen borgtog toegestaan nie en sal in aanhouding bly.

Ndlovu het verlede Maandag die eerste keer in die hof verskyn. Hy staan tereg op aanklagte van moord, verkragting, huisbraak met die opset om te steel en diefstal. Hy word ook beskuldig van die oortreding van die Immigrasiewet.

Maroela Media het vroeër berig Ndlovu is op 30 Julie, ses jaar na die moord op Robinson, in Johannesburg vasgetrek. Hy het glo die afgelope vier jaar onder ʼn skuilnaam in Johannesburg gewerk.

Ian Cameron, onafhanklike misdaadkenner, het saam met oudkol. Sakkie Louwrens wat destyds die ondersoekbeampte in Robinson se moord was, gewerk om Ndlovu vas te trek.

Robinson is in Julie 2014 verskeie kere met ʼn mes in haar huis by die Rra-Ditau Bush Lodge buite Thabazimbi gesteek en toe glo verkrag en beroof. Die verdagte het daarna op die vlug geslaan. Ndlovu was ten tyde van die voorval ʼn werknemer by die lodge en het toe al glo langer as tien jaar vir Robinson gewerk.

Dirk Nel van die Transvaalse Landbou Unie (TLU SA) se Thabazimbi-distrik, vertel lede van die gemeenskap het Donderdag in omtrent 500 voertuie ʼn optog gevorm na die hof. Dié optog is gereël om die familie en vriende te ondersteun en uit protes teen plaasaanvalle en -moorde.

TLU SA het die optog met die nodige goedkeuring van die polisie en volgens die nodige afsonderingsregulasies gereël.

“Ons sal nie meer toelaat dat enige plaasaanvalle ongesiens en ongestraf verby gaan nie,” sê Henk van de Graaf, die streeksvoorsitter van TLU SA Noord. “Ons sal as ʼn gemeenskap saamstaan en ondersteun daar waar die regering nie die wil het om dit te doen nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
Pieter

SAP en speuders is net goed soos hulle staats president.

Werner

Snaaks hy nog nie borg gekry het nie

Adriaan

Wie kan vir my sê wat maak hulle in die tronk? Tye van klippe kap is seker verby? Ek weet jou onafhanklik en privaatheid word weggevat, maar dammit, dis nie genoeg nie?

Alet

Borgtog geweier….goed so…wel gedaan aan die een wat hom daar hou.

Danie

Jy kry 2 soorte polisie mane/vroue
1 die met n gewete, doen sy werk respek oorleg.
Baie dankie vir jule!! en dan…….
2 Ramaposa polisie met geen gewete of gevoel vir sy medemens of lands burgers