Beweerde reeksverkragters vasgetrek

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

Drie verdagtes wat na bewering twee vroue die aand van 16 Desember in twee aparte voorvalle beroof en verkrag het, is Woensdag in hegtenis geneem.

Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, het gesê twee Mosambiekers en een Suid-Afrikaner, onderskeidelik 30, 39 en 33 jaar oud, is in die Vaalbank informele nedersetting, sowat 100km van Pretoria, in hegtenis geneem.

“ʼn Vrou (27) het na bewering omstreeks 20:00 die aand saam met haar kêrel geryloop nadat hul voertuig by die Bethal-afrit naby Middelburg onklaar geraak het. Drie mans het hulle oorval en beroof en die vrou om die beurt verkrag,” het Mohlala gesê.

“Later die aand het ʼn 30-jarige swanger vrou en haar man se motor op dieselfde plek onklaar geraak. Die drie mans het hulle ook oorval en beroof en die vrou om die beurt verkrag.”

Die polisie was sedertdien op die spoor van die drie verdagtes. Beide Mosambiekers word ook verbind met rooftogte en verkragtings wat in Februarie vanjaar in Middelburg plaasgevind het, het Mohlala gesê.

Die drie verdagtes sou Donderdag in die Middelburg-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sarie ·

Dit klink vir my verdag, dat beide voertuie op dieselfde plek onklaar geraak het. Indien beide motors pap wiele gehad het, ontstaan die vraag of dit nie moontlik gemene spel was nie….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.