Beweerde terreur-voorval by Buckingham-paleis

Buckingham-paleis (Foto: Felix_Broennimann, Pixabay)

ʼn Man is Donderdag van ʼn terreurmisdaad aangekla nadat hy op 25 Augustus naby Buckingham-paleis in sentraal Londen in hegtenis geneem is met ʼn 1,2 meter lange swaard.

Die 26-jarige man, Mohiussunnath Choudhury, is daarvan beskuldig dat hy “deelgeneem het aan gedrag ter voorbereiding om aan ʼn terreurdaad deel te neem,” het Scotland Yard in ʼn verklaring gesê.

Choudhury, van Luton, ongeveer 50 km noord van Londen, het Vrydagaand op polisiebeamptes buite koningin Elizabeth II se amptelike woning afgestorm. Hy het herhaaldelik “Allahu Akbar” geskree, wat in Arabies “god is groot” beteken.

Drie polisiebeamptes het geringe beserings opgedoen toe hulle die man in hegtenis wou neem.

Buckingham-paleis is die monarg se woning in Londen en haar administratiewe hoofkantoor.

Die Britse polisie het Saterdag ʼn teenterrorisme-ondersoek van stapel gestuur ná die voorval, terwyl polisiebeamptes oor Europa heen reeds op hoë gereedheid is na ʼn reeks terreurvoorvalle die afgelope jaar. Drie aanvalle het dosyne mense se lewens geëis in Engeland, terwyl die polisie in Spanje ʼn vermeende terreurnetwerk ondersoek ná twee aanvalle in die land vroeër vandeesmaand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

jaco ·

waarom gaan woon moslems in Europa? as ek n moslem was sou ek nooit daar gaan bly het nie, omdat te veel goed wat onaanvaarbaar, sonde en selfs met die dood strafbaar is in Islam, aanvaarbaar is in Europa. goed soos:
eet van varkvleis
gay huwelike
pornografie
dis verbaas my regtig dat moslems aanhou om in hierdie lande te gaan bly en dat hulle dan, wanneer die “sonde” rondom hulle te erg word, begin hulle met swaarde, vragmotors en bomme die “sondaars” rondom hulle te straf. Op hierdie manier gaan hulle in elk geval niemand oortuig om na die moslemgeloof oor te gaan nie.

Kan dink ·

Dit gaan nie oor ‘daar wil woon nie’ hulle probeer Europa… en for that matter Amerika, Canada, en dt versprei regoor die wereld, uiteindelik oorneem.
Kyk gerus na getalle. Min europese gesinne het deesdae meer as 1 kind terwyl moslems gemiddeld meer as 10 het. Met so n bevolkings aanwas is dit maklik vir die parasiet om eindelik die boom te vergroei…
Al probleem is, na aanleiding van die radikale en gewelddadige aard van hul geloof is dit moeilik om die NUTS te keer om tereur aanvalle te loots… dit staan immers in hul ‘bybel’ dat onbekeerdes nie mag leef nie.

dirk L ·

Jaco ek stem saam. Dit gaan egter oor geld, welsyntoelaes, ens, behalwe natuurlik die begeerte om die wereld te kan beheer. die sg kalifaat.. oor die porno kan ek vir jou se expats wat in die midde ooste werk getuig van die teenoorgestelde. die grootste besoekerstalle wereldwyd op hierdie xxx-werwe is in paki stan . hulle kyk dit vir ontbyt . gaan kyk op google trends wat mense google, dis baie insiggewend

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.