Beweerde verkragter sterf in aanhouding

Argieffoto

Die polisie in die Wes-Kaap het Dinsdag laat hoor ʼn 28-jarige man is dood in aanhouding. Hy is vasgetrek vir die verkragting van ʼn 69-jarige vrou in Uniondale.

Kapt. Dumile Gwavu, woordvoerder van die polisie, het gesê Bongani Qubu het glo die deur van die vrou se huis afgeskop, haar gedreig met ʼn mes en verkrag in Thembalethu – dit is onduidelik presies wanneer die voorval plaasgevind het.

“Qubu het aan die slaap geraak op die bed ná die voorval en die vrou het om hulp geroep. Lede van die gemeenskap het hom gevolglik aangerand. Hy is deur die polisie gered en het mediese behandeling ontvang,” het Gwavu gesê.

Gwavu het gesê Qubu is by die polisiestasie in Thembalethu aangehou waar hy later dood is. ʼn Saak van moord word nou ondersoek deur die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod).

Gwavu het die gemeenskap gemaan om nie die reg in eie hande te neem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Chris Ws ·

Mense word gemaan om nie reg in eie hande te neem nie maar met ‘n regstelsel wat so swak is en mense faal wat verwag die owerhede dan anders?Hierdie tendens gaan net toeneem todat daar ‘n drastiese verbetering by die polisie en howe kom.

Liberaal ·

Die gemeenskap moet net passief sit en kyk hoe hulle vernietig word deur liberaal demokratiese waardes van ons linkse superelite. Daarom word die gemeenskap gemaan om passief te wees en nie hulself te beskerm nie.

Lerato ·

Hallo Liberaal
Daar jy dit as jou skuilnaam gebruik gee ek vir jou die woordeboek betekenis daarvan.

Liberaal: vrysinnig, ruimdenkend, nie bekrompe nie, nie ortodoks, onbeskrompe, onbevooroordeeld.
Wat is fout met “jungle law”?
Die fout is dat “bewyse” nie getoets is nie.
Kom ons vat bg geval. En ons veronderstel dat hulle seks gehad en hy belowe het dat hy sou betaal. Na hy aan die slaap geraak het hardloop sy die strate in en skreeu verkragting. Die gemeenskap storm in en slaan hom so erg dat hy later daardie aand sterf.
So die doodstraf omdat hy nie vir seks betaal het nie.
Die gemeenskap toets nie die meriete van n saak nie. Hulle reageer bloot op emosies. So glo ek is talle al dood geslaan

Skepties ·

Net soos wat die ‘bewyse’ van Zuma se skuldigheid eers bewys moet word? Dit is ‘n skuiwergat wat misdadigers laat vry loop selfs al is daar bewyse.

marous ·

Die gemeenskap waarsku hierdeur die polisie dat misdaad buite beheer is . Ondersoeke na die tyd is pleisters op plak. Tot tyd en wyl misdaadvoorkoming in so mate opgeskerp word , dat mense orals vrylik in die strate kan rondloop , dag en nag sal vergeldings dade aanhou toeneem.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.