Beweerde verkragter wéér op parool, al vlug hy

(Argieffoto)

’n Ma van Pretoria sê die regstelsel laat haar gestremde dogter (24) in die steek omdat dié se vermeende verkragter ʼn tweede keer borgtog toegestaan is, nadat hy die eerste keer sy borgtogvoorwaardes verbreek en na die Karoo gevlug het.

Die verdagte, haar voormalige verloofde se seun, het boonop glo erken het dat hy die daad gepleeg het.

Die saak sloer daarbenewens nou al drie jaar en volgens die ma, wat nie geïdentifiseer word nie om die slagoffer te beskerm, leef haar dogter in vrees.

Die gestremde vrou ly aan Angelman-sindroom – ’n sindroom waar die persoon se vyftiende chromosoom ontbreek en erge fisieke en leergestremdhede tot gevolg het. Volgens die gestremde se ma het sy die verstand van ’n vierjarige kind. Sy kan skaars praat en kan ook nie loop nie. Haar ma help haar met daaglikse take soos bad en aantrek.

Die verdagte het die gestremde vrou na bewering herhaaldelik in 2018 verkrag en is in November dieselfde jaar deur die huishulp betrap. Hy is kort daarna in hegtenis geneem en volgens die ma het die verdagte aan sy pa erken dat hy haar dogter verkrag het. Die pa het egter vroeg in 2019 in ’n motorongeluk omgekom.

Die verdagte is op 13 Maart op borgtog vrygelaat en volgens die ma is die saak sedertdien verskeie kere uitgestel weens uitstaande dokumente of omdat die ondersoek nog voltooi moes word.

“Toe hy weer op 26 Maart vanjaar in die hof moes verskyn, was hy skoonveld.” Hy is later in Oudtshoorn opgespoor en het homself op 28 Junie aan die polisiestasie in Welbekend in Bronkhorstspruit oorhandig.

Tot die ma se frustrasie is die verdagte op 7 Julie ʼn tweede keer borgtog toegestaan, al het hy sy borgtogvoorwaardes verbreek deur Pretoria te verlaat. Die Nasionale Vervolgingsgesag het aan Maroela Media bevestig dat hy vir ʼn tweede keer op borgtog vrygelaat is en nou verhoorafwagtend is.

Só speel die gebeure af

Volgens die ma het haar verloofde en sy seun (die verdagte) einde Oktober 2018 by die ma en dogter ingetrek; hulle was toe reeds ʼn jaar lank in ʼn verhouding.

Die ma vertel die verdagte en haar dogter was een dag in November alleen by die huis, toe die huishulp by haar dogter se kamer ingeloop en die verdagte bo-op haar dogter aangetref het.

“Later dieselfde dag wou die huishulp in die huis ingaan, maar al die deure was gesluit en die gordyne toegetrek. Sy kon hoor hoe my dogter histeries van binne skreeu en het die gordyne in die eetkamer oopgetrek en die man het uit my dogter se kamer sien kom. My dogter het daarna, papnat gesweet, ook te voorskyn gekom. Hulle het albei klere aangehad.”

Volgens die ma was haar dogter die aand baie huilerig en het heeltyd in haar kamer gebly. Die huishulp het haar die volgende oggend van die voorval vertel.

ʼn Besoek aan die dokter kon vasstel dat die dogter wel gepenetreer is en dat sy beserings aan haar geslagsdeel opgedoen het, wat daarop dui dat sy verkrag is.

Die ma vermoed nou haar verloofde se seun het haar dogter vir ʼn hele jaar lank verkrag wanneer hy oor naweke by hulle gebly het.

“Dit het toe skielik vir my sin gemaak waarom my dogter so vreemd opgetree het. Sy wou nie hê ek moes haar bad nie. Sy wou ook nie meer in haar kamer – waar die beweerde verkragtings plaasgevind het – slaap nie. Sy het by my in die kamer geslaap.”

’n Saak van verkragting is by die Welbekend-polisiestasie in Bronkhorstspruit aanhangig gemaak en die verdagte is kort daarna in hegtenis geneem.

Die voorverhoor moes op 30 Augustus begin het, maar is tot 27 September uitgestel omdat daar glo nog nie genoeg bewyse is dat die man die vrou meer as een keer verkrag het nie.

’n Nuwe getuie – die ma se vorige huishulp – moet nou ’n verklaring aflê wat moontlik die saak teen die man kan versterk. Die huishulp moet nou opgespoor word om as getuie in die hof te dien.

Drie jaar se gesloer

Die ma sê haar dogter is eers sewe maande ná die beweerde verkragting vir sielkundige waarneming gestuur. Dit het ’n verdere 18 maande geneem om haar Weskoppies toe te stuur vir nog ’n waarneming. Die staatsaanklaer het eers op 3 Februarie vanjaar, meer as twee jaar ná die voorval, aangedui dat die psigiater se verslag by die hof ingedien is.

Intussen hang dié ding soos ʼn swaard oor hul koppe.

“Toe die verdagte die eerste keer op borgtog vrygelaat is, het ek my dogter in ’n versorgingsentrum in Magaliesburg geplaas. Sy het 21 jaar lank by my in die huis gewoon en dit was ’n aanpassing om haar nie meer by my te hê nie. Ek het dit gedoen omdat ek gevrees het dat die man weer vir my dogter sou kom. Ek het haar weggestuur om haar teen hom te beskerm.”

Die dogter woon tans in ’n versorgingsentrum in Montana en volgens haar ma is sy ’n senuweewrak.

“As ons in die kamer sit, vra sy: ‘Waar is hy?’

“Die verdagte het my kind se onskuld gesteel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Excalibur ·

Skryende skande Suid Afrika!!
Geagte President Ramaphosa as u growwe kriminele ‘n Kersfeesgeskenk na Vryheid elke jaar kan gee; kan u tog seersekerlik hier vir die klaagster in die bresse tree om regverdigheid / aksie teen geweld @ vroue & kinders en ‘n “Haloween” of “Vrydag die 13de” geskenkie tot isolasie by ‘n korrektiewe rehabilitasie sentrum aan die verdagte uitdeel! Wys u staal en help die regstelsel om weer nugter en doelgewys te funksioneer. By Voorbaat Dank.

Theuns ·

Die groot swyger en verloorder sal ‘n kommissie aanstel! Shem! Disgusting!

JohanR ·

Come to South Africa and laugh and laugh and laugh until the tears are running down your cheeks ,and your stomach hurts!

Frank John ·

JohanR, your comment is in bad taste at a time like this. There is a lot to laugh about in South Africa but this is not one of them

Frank John ·

JohanR, your comment is in bad taste at a time like this. There is a lot to laugh about in South Africa but this is not one of them. This you should cry about and pray to God for grace and mercy.

Zombie ·

Jy kan nie die skryfstyl van die berig blameer, as jy die een is wat nie so lekker verstaan nie.

Cherokee ·

Moet nie die woord ‘ons’ gebruik, asof jy namens ons praat nie. Vir ons maak dit sin.

Porseleintjie ·

Net vir die krimineel is die SAPD betroubaar, want hul vryheid is bykans altyd gewaarborg.

AmY ·

Die opskrif sê ‘parool’, maar in die berig praat julle van borgtog? Daar is mos ‘n verskil?
My hart gaan uit na hierdie mense.

Nico ·

Hoe werk die regstelsel om ‘n verkragter op parool vry te laat terwyl hy erken het dat hy die vrou verkrag het. Die vrou sit nou met die vrese dat hy dit weer gaan doen, terwyl die ou vry rondloop. Die polisie is net daar vir die krimineel.

Theuns ·

Die NPA en howe is useless en 100% teen geregtigheid! Nog ‘n bewys dat howe en regstelsel verrot is met cadres all over! Wat se tipes word regters en landdroste? Dis nou beroep vir verlore oningeligte gemeenskap se laagste intree vlak . GEEN omgee vir veiligeheid van gemeenskap of n diens van geregtigheid.

Skappie ·

So jammer oor wat met die dogter gebeur het. Hier het die regstelsel misluk.

Di ·

Seker dat die ANC ook seggenskap het oor watter regters aangestel word, daarom is als chaos en kriminele loop skotvry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.