‘Bewerings dat Gigaba nasionale tesourie kaap baie ernstig’

malusi-gigaba-minister-van-binnelandse-sake

Malusi Gigaba, minister van finansies. (Maart 2017) (Foto: GCIS)

Adv. Anton Alberts, voorsitter van die VF Plus, het Donderdag gesê dié party neem die bewerings dat Malusi Gigaba, minster van finansies, besig is om die nasionale tesourie (NT) te kaap deur ʼn parallelle administrasie in sy eie kantoor te skep, baie ernstig op.

Alberts het in ʼn verklaring gesê die party “heg nie veel waarde” aan die minister se ontkenning van dié gerugte nie.

Volgens bewerings het Gigaba sowat 20 personeellede vir dié doel byeengebring wat reeds belangrike funksies van die nasionale tesourie oorgeneem het. Van dié mense het na bewering bande met die Gupta-familie.

Dié inligting hieroor is glo aan die media laat uitlek deur ontevrede senior amptenare by die tesourie.

Alberts sê hy het vandeesweek geskrewe parlementêre vrae aan die minister gerig waarin onder meer gevra word of die minister enige veranderinge aanbring wat die magte van die direkteur-generaal van die NT gaan beïnvloed.

“Die minister het al die bewerings in ʼn enkele sin ontken,” sê hy. “Die ANC-regering het reeds herhaaldelik bewys dat hy geensins vertrou kan word nie. Teen hierdie agtergrond kan geen waarde geheg word aan die minister se ontkenning nie. Die berig het detail-inligting oor die aangeleentheid bevat, met die name van die betrokkenes. Uit die minister se antwoord blyk dit duidelik dat hy iets wegsteek.

“Die VF Plus se mening is dat ʼn proses van ʼn parallelle tesourie blootgelê is en dat min. Gigaba en sy meelopers nou deur ʼn ondersoek na die doeltreffendheid van die inkomstediens daar wil huis skoonmaak om hul eie kaders te ontplooi,” sê hy.

Die VF Plus gaan die Staatsdienskommissie versoek om die aangeleentheid te monitor en sodoende te keer dat kundigheid verlore gaan en SARS verder verpolitiseer word, sê Alberts.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Drikus ·

Gegewe Jacques Pauw se nuutste boek blyk dit asof die strategie van paralelle staatstrukture die norm vir staatskapings geraak het. Nou wonder mens of die kleptokrate dit ook met die verkiesing van die nuwe ANC president gaan regkry. Gaan hulle die verkiesing ook kaap? As hulle dit nie regkry nie, kan hulle maar groet. Dit is nou as ‘n (meer) eerlike president verkies word. Die hoop beskaam nie.

willie ·

Wat nog hulle het eenvoudig nie brieke nie! Met elke nuwe kabinetaanstelling moet jy maar weet daar is bybedoelings!

John ·

En klimaatsverandering, waaroor daar juis nou vergader word, word gerieflik gebruik om fondse te probeer bekom dmv emosionele druk vir atoomkraguitbreidings wat glo dan nou sal help om besoedeling in Afrika se verminder. Seker een van die redes waarom die besluit om die bal aan die rol te sit, so vinnig geneem is. ‘n Ander een is moontlik omdat omkoopgeld reeds betaal is en opvolgaksie nou opgeeis word. Die Gupta’s sit met ‘n uraanmyn en hulle brand seker om die stoffies uit te spit vir groot geld en weereens besoedeling… ironies en tragies een soort besoedeling in ruil vir ‘n ander erger tipe..?

Johanna Botha ·

Vrot deur en deur …hier kom n verdere afgradeering as ek n raaiskoot moet waag

Cherokee ·

Gedink staatsgreep is ontbloot en die Guptas is verban maar nou blyk dit dat hulle net hul hoofkantoor na ‘n ander land verskuif het vanwaar volstoom voortgegaan word.

Callie ·

Gaan kyk maar, as n ANC lid iets ontken is dit n ja. Van hul leier tot die laagste op die vloer. Lieg is nie vekeerd in hul oe.

erika ·

Almal word van korrupsie beskuldig en toegesluit…miskien of glad nie, maar hoekom is die Guptas en Zuptas nog nie agtervolg of inhegtenis geneem nie? dit gaan my verstand tebowe dat die mense niks oorkom nie,….Wie gaan iets daaraan doen????Ek wonder vir watter party ek moet stem!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.