Bewerings oor minister van finansies ontken

Pravin Gordhan. Argieffoto

Pravin Gordhan. Argieffoto

Die presidensie het Sondag in ʼn verklaring bewerings ontken dat daar enige planne is om ʼn ander minister van finansies aan te stel.

Bongani Ngqulunga, woordvoerder van die presidensie, het gesê die presidensie veroordeel die aksies van persone wat aanhou om die bewerings aan te blaas en te versprei. “Bewerings dat daar ook binnekort veranderinge in die departement van handel en nywerheid sal wees, is onwaar,” het Ngqulunga gesê.

“Die keuse van ministers lê by die president. Hy het die volste reg om ministers te eniger tyd aan te stel of af te dank,” het hy gesê.

“Die president en die regering is daarop gefokus om handel, arbeid, die regering en die hele land te verenig met die doel om die ekonomie te versterk en weer ekonomiese groei teweeg te bring. Heelwat vordering word in die verband gemaak en ons sal aanhou werk om die swak ekonomiese groei te beveg sodat werksgeleenthede gered en geskep kan word.”

The Sunday Times het Sondag berig dat betroubare bronne binne die Valke en die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) bevestig het dat Pravin Gordhan, minister van finansies, na bewering binnekort saam met agt ander mense vervolg kan word vir hul beweerde betrokkenheid by ʼn sogenaamde “rogue”-eenheid in die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID).

Intussen het die DA gesê indien die bewerings dat Gordhan vervolg gaan word waar is, sal dit ʼn “ekonomiese aardbewing” veroorsaak wat die ekonomiese impak van die skommeling van finansieministers in Desember verlede jaar minimaal sal laat lyk. “Die tydsberekening van hierdie bewerings kan nie slegter wees nie en sal nie net verdere onrus in die markte veroorsaak nie, maar ook pogings om ʼn kredietafgradering vir Suid-Afrika te vermy, in die gedrang bring,” het die party gesê.

Die DA het verder gesê bewerings dat die NVG net vir die “politieke groen lig” wag voordat hulle met die vervolging voortgaan, skep die indruk dat die ondersoek politiek gemotiveerd is en deel vorm van pres. Jacob Zuma se “baklei terug-veldtog”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Xa ·

Ek het n paar weke terug n artikel geleer wat se ons kan almeer sulke verwarrende nuusberigte verwag. Die skrywer wat n politieke analis is se naam het ek vergeet maar hy het genoem dat Zuma homself die tegniek gebruik het in sy jong dae toe hy in intelligensie gewerk het. Wat die doel van die tegniek is weet ek nie, maar ek dink dit is handig om die media te diskrediteer.

vermeende ·

Die presidensie het ook net in die week gese dat zuma se straler weer tegniese probleme ondervind het in Uganda en toe was dit ook nie so nie.
Wat laat hulle dink ons gaan hulle glo?

Xa ·

Nog n voorbeeld ja. Diskrediteer die media Dan kan daar mos met almeer weggekom word want niemand glo meer wat hulle lees nie.

Stingel ·

Jacob Zuma is n skelm en n dief. Hy konkel die heeltyd sodat hy nie vervolg word nie. Natuurlik is dit waar,hy wil nie vir Pravin as minister daar hê nie. Pravin en Modensela is vir hom vloekwoorde. Ek weet verseker hy gaan die res van sy lewetjie baklei om sy swart boudtjies uit die tronk te hou!Sterkte ou bul!?

stingel ·

Nou wonder ek hoekom my vorige kommentaar nie geplaas is nie….

Cherokee ·

Hierdie is verskriklik onredelik. Die Guptas het belowe dat ek ook ‘n kans sal kry en dit nadat Zuma die trekpas gekry het. Nou het húlle getrek. Ek dink ek gaan die verbruikersraad kontak.

John ·

Miskien is hierdie ‘inligting’ ‘n bedekte waarskuwing aan Gordhan om nie die inligting wat die Eenheid bekom het oor onwettighede te openbaar en deur te gee aan die media nie: Die Minister moet die heeltyd bang gehou word vir die gevolge as hy nie in sy spore trap nie. Daar moet beslis ‘warm’ patatas iewers in die louoond ‘wag’ op opgedien te word.

Xa ·

Intimidasie, Ja dit maak sin. Ek dink dit is n politieke speletjie van n kombinasie van intimidasie sowel as diskreditasie van mediaberigte. Gespeel deur die wat die bevolking van SA as goedkoop klein pionne sien en elke sent van ons wil steel.

Nico ·

Hoekom die anc nie zuma laat gaan nie is dat hulle die verkiesing dan gaan verloor en daarna sit 90 present van die regering en die by die munisipaliteite wat nou die septer swaai in die tronk saam met hulle guptas buddies

alida ·

Skelm Zuma sal sorg dat al die eerlike mense tronk toe gaan behalwe hy. Hy hoort in die TRONK en klaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.