Bewerings van dieremishandeling by Pta-spogskool ondersoek

Foto: Facebook.

Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) in Tshwane sal Maandag besoek aflê by die Hoërskool Menlopark in Pretoria ná aantygings van dieremishandeling by dié skool aan die lig gekom het.

Die voorval het na bewering verlede Woensdag tydens die skool se sogenaamde “40 days”-vieringe plaasgevind. Dié viering is algemeen in hoërskole en is ʼn geleentheid waarop matrieks die 40ste dag voor die laaste skooldag voor die matriekeksamen vier.

Volgens bewerings op sosiale media het leerders van Hoërskool Menlopark glo rotte asook hoenders na die skool geneem en is die diere deur leerders geskop, op getrap en mishandel.

Carlos Fernandez, hoofinspekteur by die NDBV in Tshwane, het Maandagoggend aan Maroela Media gesê die NDBV het nog geen klagtes oor die voorval van die publiek ontvang nie.

“Dit is net die bewerings op sosiale media wat onder ons aandag gekom het. Ons is van plan om vanoggend besoek af te lê by die skool en met die betrokke partye en leerders wat die voorval glo sien gebeur het te gesels om agter die kap van die byl te kom. As daar dieremishandeling plaasgevind het, sal ons dit ondersoek,” het Fernandez gesê.

ʼn Graad 11-leerder aan dié skool het intussen Maandagoggend tydens ʼn onderhoud met Martin Bester op Jacaranda FM dié gerugte weerlê en gesê dit is ʼn tradisie om met 40 days die graad 8’s skrik te maak en ʼn rot op die vierkant by die skool vry te laat en só die graad 8’s bietjie op hol te jaag.

Sy het gesê geen dier is die betrokke dag dood of mishandel nie.

Hoërskool Menlopark het in ʼn verklaring op hul Facebook-blad gereageer en gesê die bewerings word in ʼn baie ernstige lig beskou deur die beheerliggaam van die skool, wat die topbestuur van die skool insluit.

“Daar is nog nie genoeg inligting vandag [Sondag] beskikbaar om volledig op die beriggewing te kan reageer nie.”

Die skool het laat hoor dat ʼn formele ondersoek Maandagoggend van stapel gestuur sal word om die bewerings onafhanklik te laat ondersoek.

“Mnr. Louis Cloete, voorsitter van Hoërskool Menlopark se beheerliggaam, sal môre [Maandag] teen ongeveer 14:00 ʼn volledige verklaring uitreik wat gedetailleerde inligting sal bevat oor die beplande formele ondersoek.”

Die skool het laat hoor dieremishandeling van enige aard word onder geen omstandighede op die skoolterrein toegelaat nie. “Indien ʼn ondersoek sou aandui dat dit wel plaasgevind het, sal die skool die nodige stappe doen om dit so ver moontlik reg te stel en in die toekoms te voorkom.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

68 Kommentare

Marlize ·

Hoe is daar nie genoeg inligting beskikbaar nie? Is daar onderwysers by die skool gedurende die dag of nie?? Ek hoop van harte daar word werk gemaak hiervan en dat dit nie net onder die mat ingevee word nie. Indien dit die waarheid is, is dit ‘n hartseer dag vir die toekoms van hierdie land met sulke kinders wat moet grootmense word.

Conspiracy ·

Hierdie is verseker nie waar nie. Daar moet oor ‘n weier perspektief navorsing gedoen word, aangesien ek bewus is dat dit by al die skole se 40 days gebeur. Geen diere is mishandel nie, ek ken baie mense daar en almal vertel hulle is onbewus van mishandeling van enige aard. Ek het ook gehoor die onderwysers was nie in die personeelkamer nie en moes ‘n ogie hou. Daar is amok gemaak, maar geen diere is benadeel nie.

ek sê maar ·

As daar toesig was soos daar BEHOORT te wees sou so iets gou aan die lig gekom het. Was daar toesig?! Klink nie so! Hmmm ek ruik rook – dan moet daar sekerlik ‘n vuurtjie wees of sal die assies onder die sand toegekrap word en gesweer word dit het “nie gebeur”?

Martie ·

Stem saam dat dit ‘n skande sou wees. My kleinkind is in die skool en het vertel dat die media vlam gevat het oor iets wat regtig nie gebeur het nie. Die diere was by die skool, dis feite. Maar dis ook feite dat al die diere veilig is.

Charmaine Sander ·

Jy ruik rook? 40 days is tydens skool so tensy al die onderwysers in angs en bewing weggekruip het, was daar sekerlik toesig. Wat ek ook lees is dat die kinders die diere skool toe gevat het. Dit sou ‘n ander geval gewees het as die skool die diere voorsien het vir mishandeling. Die rook hang dis oor die ouers van die kinders en nie die skool. Te veel word skole blameer vir kinders se doen en late – ouers is verantwoordelik vir waardes en norme, skool gee onderrig en probeer waardes in kinders deponeer.

Skokkend ·

Dit is ‘n ABSOLUTE skande . was GEEN onderwyser bewus daarvan? Dit lyk dan na ‘n algemene instelling? Dit is iets verskrikliks … was dit nou NODIG??? Laat werk hulle vir ‘n jaar elke naweek by die SPCA sodat hulle ook die nood en lyding van diere kan aanskou .. Dit is YSINGWEKKEND!!

Charmaine ·

Dit is bewerings – daar is geen feite ingedien. Jy glo seker maar als in die media. Nie te min, as dit so slagting was soos wat beweer was, sou die sosiale media gewemel het van videos wat die kinders self sou geneem het en gepost het. Dink bietjie net voor jy net jou skok uitspreek. Buitendien, die skool voorsien nie die diere vir die 40 days nie – dit word deur kinders van die huis gebring. Wag vir die verklaring van die skool.

Willie ·

Le krimenele klagtes! Geen mens moet n dier so mishandel nie! Sies op die skool… weet kwansuis nie….

Charmaine ·

Dit is verstommend hoe mense op en af spring oor bewerings. Waar is die bewyse? Sosiale media sou gegons het met al die posts van die kinders se eie fone – natuurlik weet hulle van die diere maar die “slagting” is onbekend. My kind se voorskool juffrou het gesê, as jy alles glo wat jou kind van die skool vertel sal ek alles glo wat hy van sy huis vertel. Sensasie het nog altyd verkoop.

Hendrik ·

Ai tog! Storm in ‘n teekoppie en dis nog net bloot “bewerings”! Relax julle kuite! Daar was dalk net een belhammel wat bietjie oorboord gegaan het en nou word al wat jongeling in daai groep is met dieselfde kwas geteer!

Waarom ·

Een belhamel is genoeg om ‘n ondersoek van stapel te stuur. Ek sal nie wil hê dat my kind in daardie skool is as daar sulke kinders daar rondloop nie. As jy wreed is teenoor ‘n dier, sal jy ook wreed wees teenoor ‘n mens.

susan ·

Top skool? Top kinders? Top kwaaddoeners? Onderwys is SA in groot moeilikheid….

Pieter ·

Bewerings van dieremishandeling en die keyboard Ninja’s is op hul pos, en oordeel word gefel, maar n ander berig waar beeste lewend geslag word, en die DBV reeds betrokke is by die voorval, het nog net 1 persoon kommentaar gelewer. Pure skeinheligheid.

Wonder ·

14 persone het al kommentaar oor die beeste insident gelewer. Snaaks hoe mense teenkap as dit by ‘n “top” skool gebeur (of moontlik gebeur het). Dit hang seker maar af deur watter bril gekyk word?

Queen ·

Nee glad nie, dit lyk of jou kind een van die belhamels was soos jy hulle verdedig …ons is TEEN ALLE VORME VAN MISHANDELING, kinders of diere .. ons is DAAGLIKS Betrokke by township dieremishandeling so ook by mishandeling van diere op plase . so NEE ONS IS OOR ALLES concerned maar ons MAG NIE die doodskop van hoenders en rotte op SKOOLGRONDE goedkeur nie . wat se volwassenes gaan hulle eendag maak? Mag ek NOOIT dink dat die DOODSKOP van ‘n DIER net ‘n STORM in ‘n TEEKOPPIE is nie.

Petro Benade ·

Die berig praat van rotte en hoenders. Waar kom die hoenders in?

Nita ·

Dis in elk geval n dom ding om lewendige diere op die terrein los te laat. Kinders sal hulle wil wegskop. Party mense is onredelik bang vir rotte ens. So graad 12’s kry iets anders om te doen. Skeer jou hare af of so-iets. Vergeet van die gr8’s terroriseer. Dit wys net jy is n boelie.

Karen ·

Kom ons hoor wat die skool te sê het en dan kan die skopskoene in volle swang uitkom. En nee my kind is nie in die skool nie maar ek hou nogal van feite vs spekulasie. As dit gebeur het is daar altyd videos of fotos (hierdie generasie neem mos alles en almal af). Kom ons kry darem een feit voordat ons die velle laat waai!

IK ·

Tipies die kop vd mens, só ingestel op die negatiewe. Gee die skool kans om ondersoek in te stel en met ‘n antwoord te kom. Lewer dán kommentaar. Sou dit valse beskuldigings wees behoort voorgaandes om verskoning te vra wat reeds negatiewe standpunt ingeneem het.

Vat hulle flaffie ·

Ongelukkig word die dinge TOEGESMEER In die topskole .. te veel goed is al toegesmeer .. die Departement moet ordentlik kom ondersoek instel en die belhamels moet aan die pen ry …

Boeremeisie ·

Dis yssingswekkend skreeu jy? Jy meneer wat tien teen een rotgif in jou dak gooi of ‘n ma se muis trap in jou huis gestel het.
Wat is nou eintlik wreed? Om rot se kind vas te pen in ‘n trap en hom te los omnte spartel tot die dood? Om rot se kind gif te gee sodat hy stadig van binne versteen? Om rot se kind te skop soos ‘n sokkerbal? YOU GET THE PICTURE NE? DIS NET DIE MATE VAN WREEDHEID WAT VERSKIL

Abe ·

Boeremeisie,
Daar is n hemelsbree verskil tussen plaagbeheer toe te pas en om diere skool toe te bring om mishandel te kan word tot vermaak van onopgevoede en verdorwe kinders. Dit alles om n sinnelose “fees” te vier wat twyfelagtige wortels oorsee het en glad in n skool hoort nie. Vind n bietjie uit wat die oorprong is van die sg. “40-days”

Jhbmeisie ·

Dit is siek!!!Wat se aaklige kamstige tradisie is dit om diere te mishandel.
Ek hoop die NDBV doen spoeding iets daaran.
Dit walg my!!

Koos de Meyer. ·

Mense kan goed uit verband trek net om aandag te kry.

Haan ·

Lyk my die klomp regsgeleerdes in die kommentaar het reeds die saak onder oë gehad en besluit dat die galg menlo park se voorland moet wees. Nou gaan daar weer met mag en mening in die hoërskool se taal, tradisie en kultuur beleid ingeklim word

Delia ·

Ek het daar gematrikuleer (baie lank terug) en daar was geen sulke vergesogte tradisies gewees nie. As ek reg onthou het ons boodskappe op mekaar se skoolhempde geskryf en ‘n klomp het met klere en al in die swembad beland. Dis al. Van wanneer af laat die skool sulke malligheid toe???

Andre ·

As oud leerling van die skool kan ek nie een oomblik onthou waar daar so tradisie was waar ons rotte tussen die leerders vrygelaat het nie. Dis absurd. Dat die tipe gedrag toegelaat sou word…..? Die beweerings is erg genoeg om n skool met soveel trots en goeie geskiedenis n klat op die naam te gee.

Se net ·

Skors die hoof en die onderwyser wat aan diens was om toesig te hou gedurende die proses indien die wel so is !

Waarom ·

Miskien is dit tyd dat ouers verantwoordelikheid aanvaar vir hul eie kinders se opvoeding. Dit is nie regverdig om dit aan die skool oor te laat nie. Mens verwag in elk geval beter van ‘n graad 12 leerder…

Swannie ·

Of skors die ouers wat sulke swak opvoeding gee dat hulle kinders voel diere mishandeling is vermaak

Johan ·

As dit ‘n tradisie is, is dit maar ‘n baie simpel en kinderagtige tradisie. As dit nie ‘n tradisie is nie, moet die saak sekerlik ondersoek word.

Oor-reaksie? Ek weet nie. Laat die feite uitkom asb. Enige dieremishandeling is onaanvaarbaar. Waar ‘n rokie is, is ‘n vuurtjie.

wielie ·

ooooooooooooh neeeeeeeeeeeee soek net weer aandag!
Ai tog …gaan leer eerder vir die eksamen

Johan Neuteman ·

Mens weet nou nog nie wat die waarheid hierin is nie, maar dit lyk of die “40 days” ding die laaste jare hande uitruk – selfs by CVO-skole foto’s gesien van wat nogal ontwrigting en vermorsing meebring. Dalk is hierdie ‘n geleentheid om oor die christelike begrip van soberheid by christelike skole te praat? Oor wat die lewe gesonde pret en vrolikheid is, en wat is vernieling, vermorsing en oordadigheid en wat grens selfs aan wetteloosheid – en wat hoort nie in ‘n christelike skool nie. Nie om Menlopark nou sommer skuldig te bevind nie, maar dis ‘n geleentheid om die gesprek daaroor te stimuleer.

Disselboom ·

Die Afrikaanse Christelike skole is wêreldklas…. aldus SOS ens.

Waarom ·

Dit hoort nie in ‘n Christelike skool nie? Dit hoort in GEEN skool nie en ek sou sê dit is common sense?

Helene ·

Met die sogenaame mensdom aan die stuur, is die diere-wêreld in groot moeilikheid. Gaan my verstand te bowe dat jy ‘n dier wil seermaak. Maar een dink weet ek …. hierdie land is in groot moeilikheid met die sogenaamde leiers van more!!

Willie ·

Hul moet so iets by die huis sien… Kyk na n Boelie, word tuis ook gewoonlik geboelie…

Wat? ·

Was hare pienk kleur en snaaks aan trek nie genoeg nie. Ek het 40days oorleef jare terug, by n ander skool. As onderwyser se kind is ek pouse hostage gehou en my ma moes belowe hul, die gr12’s sal nie huiswerk kry nie. Gevolglik het sy ingestem en 30min later WEL vir hul huiswerk gegee. Daar was 6 van ons wat gevang is. Almal in gr 8 gewees. Moes net pouse in die biblioteek sit, waar ek inelkgeval aan diens was.

Antiwreedheidteenoordiere ·

Elke ouer het in elke geval ‘n plig teenoor hulle kinders om hulle op te voed oor diere sorg en seker te maak hulle eie huis is nie ‘n plek waar wreedheid voorkom nie. Wie ookal siek genoeg is om so iets te doen het dringend hulp nodig. Kom ons hoop daar is geen waarheid in die gerugte.

LouE ·

Moet tog nou nie ‘n issue maak van die ding nie. Laat die skool die episode hanteer en afhandel. Dis nie NAASTENBY so erg soos die beeste wat se hakskeensening afgekap is nie. Stop die gekerm en gekla oor n molshoop (rothoop?).

Wonder ·

Of jy nou ‘n rot of hoender skop, of ‘n bees lewendig slag, dieremishandeling is dieremishandeling! Ek stem saam dat die saak eers ondersoek word, voordat mense histeries raak. Wreedheid teenoor diere begin eers klein (bv. trek ‘n insek se vlerke af of sit ‘n spinnekop in ‘n bottel, totdat dit versmoor) en dan kring dit weier uit. As jy wreed is teenoor ‘n dier, kan jy netsowel ook wreed wees teenoor mense.

Leonard van der Dussen ·

Stem saam met Johan Neuteman; maar daar moet besef word dat ‘n skool sy gemeenskap weerspieël – die mense wat daarop wys dat opvoeding by die huis begin, moet gehoor word. Ons gemeenskappe se sedes en norme daal, en dit slaan noodwendig dan in gemeenskapstrukture uit. Wil ook beklemtoon dat die aantygings teen Menlopark nog nie bewys is nie, maar stem saam oor die noodsaak vir selfondersoek, maar verder as “die skool” wat gedurig moet verantwoordelikheid neem. Dis “die gemeenskap” wat ook moet besin.

karakter ·

Die manier hoe enige mens ‘n dier hanteer bevestig sy/haar ware karakter….

Sies dis walglik!!!

dolphin ·

dis walglik menlies is spoggerige skool hoe kan dit so maak geen diere in 40 days in die toekoms hanteer word nie dis onaanvaarbaar.skaam die spoggerige skool moet net bietjie dink.40 days kan nie iets doen maar geen diere saam in die skool toegelaat word nie.dis wettig !

Richard ·

Kort en pragtig! Daar was toesig by die skool, geen van die aantuigings is waar nie. Vra liewer hoekom die kind die aantuigings gemaak het, hoekom die ouers nie eers by die skool bevestiging gekry het voor hul media toe gehardloop het nie?

Die kommentaar op die berig en ander berigte is ‘n spieelbeeld van ons samelewing….. sien die kwaad, vorm oningeligde afleidings, en veroordeel sonder feite.

Ek vertrou dat almal wat reeds die skool en kinders verhoor en skuldig bevind het groot genoeg sal wees om nadat die feite bekend gemaak word weer kommentaar te lewer.

Die woorde van balk uit jou eie oog is dalk hier gepas.

Menlo Park Hoërsool is en was ‘n uitstekende skool!

Sterkte aan die personeel en kinders wat by die ongegronde fabrikasie ingesleep word.

Dieremishandeling is nie OK nie!!!! ·

Wat ‘n skande. Hierdie sogenaaamde kinders is oud genoeg om te weet wat hulle doen. Hulle is ook oud genoeg om te weet wat hulle gedoen het. Hulle doen in elk geval baie ander dinge in die donker ook. Die wat hiervoor verantwoordelik was se foto’s word in elk geval reeds versprei en gedeel. Dieremishandeling is nie OK nie!!!!

Sputnik ·

Ai, mense! Julle is soos die ou wat ‘n vuur gemaak het en toe eers ‘n vark begin soek het om te slag! Julle span die kar voor die perde!
Wag om te hoor wat die skool se bevinding is.
Die Hoërskool Menlopark is en bly ‘n puik skool, gelukkig kan ek daarvan getuig (ek was nie ‘n leerling daar nie, maar ek ken kinders wat wel daar was – en ja, vreemdelinge het al, wanneer hulle hoor daardie kinders was in dié skool, positief gesê hulle kan dit sien – uiters goeie getuigskrif!)

Kalmeer – en kyk hoe skarrel die rotte ; – ))

Alida ·

As daar ‘n bakleiery was tussen wit en swart het die videos ingerol en die hofsake aan die gang.

Anonieme Lafaard ·

Richard, ons sal maar moet sien wat die feite is, maar ek vermoed jy is in die kol.

Naomi ·

Of dit n kind van n ryk familie is in n vooraanstaande skool en of dit een is wat n bees se hakskeen seënings afsny, hulle is van presies dieselfde, albei gewetenloos en onopgevoed. Mnr/ mev, moenie dink omdat jy n duur skool kan bekostig dit maak van jou bedorwe brokkie n engeltjie nie. Geld koop nie morele waardes nie. Geld sal wel verseker dat hierdie storie onder die mat in gevee word………….

Menlo Matriek ·

Ek is ‘n matriek leerder by Die Hoërskool Menlopark. Ek is deur ‘n meneer gevra om die rotte te help vang en terug te vat na die seun aan wie die rotte behoort het. Hy het AL die rotte gebêre in hul boks en die meneer het dinge verder gevat. Sover ek weet is GEEN rotte wat ek gevang het dood nie. Die personeel het dadelik opgetree tydens die gebeurtenis en het vinnig die probleem op gelos.
Dit is jammer dat mense so ‘n berg van ‘n molshoop maak as hulle SELF NIE DIE FEITE HET NIE. Ek is trots om in Menlo te wees.

BoelieBrand ·

EK het self nie ‘n verbintenis met die skool nie, maar het nog altyd gedink dit is ‘n spogskool met leerders uit alle vlakke van die samelewing.

Hierdie gerugte klink vir my oordrewe, na spekulasie, en selfs moontlik kwaadwillig.

Dankie dat jy die waarheid hier kom vertel.

Matriek Leerling aan Menlo ·

Ek is in Menlo en in Gr12
Hierdie berigte is absoluut absurd. Waar hoor jy dat iemand sommer net wil diere mishandel? Die 40 days idee is ‘n jaarlikse gebeurtenis en hoekom vat dit nou sommer ewe skielik vlam? Moenie sê Menlo se leerlinge is die enigstes wat dit vier nie. Vind bietjie uit wat gebeur by ander skole. Agnee julle. Al die briljante onderwysers sowel as die kinders het vandag net kommentaar gelewer oor die klomp snert wat nie waar is nie. Dink julle die onderwysers keur dit goed? Nooit. Dit is mos nou nie moeilik om dit te besef nie. En almal wat dit glo, glo seker ook maar net enige iets.

Marne ·

Top skool. Top onderwysers. Top prestasies. Die hoogste bome vang die meeste wind. Maak glad nie sin dat sulke goed by ‘n topskool gebeur en geen ander skool wat nie so goed presteer nie. Ek glo hierdie nie vir ‘n oomblik nie.

snoepie ·

wonder of dit nogsteeds so snaaks gaan wees, as rot se kind vir hom n lekker nes gaan maak en n rotplaag uitbreek. Dan is julle computer drade daarmee heen, asook kragdrade

Die waarheid kom altyd te voorskyn ·

Die waarheid kom altyd te voorskyn maak nie saak wat mense doen om dit toe te probeer smeer nie. Leuens en arrogansie werk nie.

Pippa ·

Al haal n leuen so snel…die waarheid haal hom agter wel. Ek skaar my by diegene wat dink dat hierdie storie meer lyk na opsetlike kwaadwillige slegte publisie vir hierdie goeie skool. Sterkte Menlopark.

Hendrik ·

Die Hoerskool Menlopark is ‘n puik skool en word uitstekend bestuur. Doen so voort Parkies!

Wie lieg nou vir wie en wie lieg saam en wie lieg nie? ·

Wat is die waarheid dan? Daar is tog iets groot fout as mense dan so lieg? Hier is nou baie mense wat die voortreflikeid en karakter van die skool en veral die leerlinge prys. Dan is daar diegene wat se nee, dit is nie so nie – sommige van die leerlinge het ‘n lelike perverse krakie in hule karakter. In so n mate dat hulle diere doodskop en martel.

Wie lieg nou vir wie, en wie lieg saam met mekaar, en wie lieg glad nie?

In die ou dae het die mense gesê die waarheid kom altyd uit. Selfs al bring ‘n Kraai die waarheid uit. Want ‘n kraai is mos lief daarvoor om blink dinge te versamel. Hulle versamel en tel selfs blink dinge van ashope af met hul vlymskerp bekke.

Ek-is-net-hier-vir-die-kommentaar ·

Top skool, fantastiese uitslae, briljante sport, oulike kinders, briljante onderwysers……AFRIKAANS!!!!!…. Natuurlik sal die media enigiets sê om die skool in ‘n swak lig te stel. Kom ons wag vir die ondersoek en die regte feite voor ons oordeel.

Hendrik ·

Ondersoek is klaar gedoen en DBV het ‘n verklaring uitgereik waar geen dieremishandelin gevind kon word nie op die perseel.

Kryger ·

Ek glo nie vir een oomblik dat hierdie kamstige diere liefhebbers wat Menlo park so veroordeel voordat daar enige bewyse is, sonder ‘n agenda handel nie.
Ek wed jou dis dieselde groep wat die storie fabriseer het, in die “fake news” kringe beweeg en saam met die onderwys departement die Afrikaanse skole teiken.

Los ons diere uit ·

Hoekom enigsens die rotte en hoenders skool toe neem om ‘n spul kinders te gaan vermaak?? Dit is swak dat diere gebruik word om mense se oppervlakkige genot te verskaf. Leer jou kinders om respek te hê vir diere. Moenie huil as hulle eendag ook nie vir jou respek gaan hê.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.