Bewerings van liefdesdriehoek en aanranding in Mdluli-klagstaat

Mdluli (links) en Mthunzi tydens hul hofverskyning, Foto: Werner Beukes/SAPA

Mdluli (links) en Mthunzi tydens hul hofverskyning, Foto: Werner Beukes/SAPA

Richard Mdluli, geskorste hoof van die misdaadintelligensie-eenheid, het glo tussen 1997 en 1999 tot die uiterste gegaan om uit te vind waar sy voormalige minnares en haar man wegkruip.

Mdluli het Maandag in die Johannesburgse hooggeregshof, wat in Palm Ridge sit, verskyn. Hy is formeel aangekla en die saak is tot 7 Oktober uitgestel.

Hy staan tereg op aanklagte van ontvoering, aanranding met die doel om ernstig te beseer, intimidasie en regsverydeling.

Luidens die klagstaat was Mdluli sedert sy skooldae in ‘n verhouding met Tshidi Buthelezi en het hy beweer Buthulezi is sy vrou.

Mdluli en Mthembeni Mtunzi-Omhle Mthunzi, sy medebeskuldigde, het glo vir Alice Manana, ‘n vriendin van Buthulezi, uit haar huis gedwing en haar na die Vosloorus-polisiestasie geneem waar sy glo aangerand is in ‘n poging om uit te vind waar Buthulezi is.

Mdluli en Mthunzi het tussen 1997 en 1999 saam by die Vosloorus-polisiekantoor gewerk waar Mdluli die stasiebevelvoerder was.

Mdluli en Buthelezi het saam in huis in Dawn Park gewoon en het ‘n kind saam gehad. Buthulezi het tydens haar verhouding met Mdluli vir Oupa Ramogibe ontmoet. Hulle het in ‘n verhouding betrokke geraak en het in 1998 getrou.

Buthulezi het Mdluli nie hieroor ingelig nie en hy het van die huwelik uitgevind en ‘n afskrif van die huweliksertifikaat bekom.

Ramogibe was glo ook in die tyd in ‘n verhouding met Lerato Seballo.

“Beskuldigde twee [Mdluli] het Seballo, Sophia Ramogibe en Jostinah Ramogibe se huise besoek in ‘n poging om hulle te intimideer en te dwing om druk op Tshidi en Oupa te plaas om hulle verhouding te beëindig,” lui die klagstaat.

“Tshidi en Oupa het gaan wegkruip nadat hulle getroud is en dit onder hulle aandag gekom het dat Mdluli na hulle soek. Hulle het in ‘n stadium in Orange Farm weggekruip.”

Mdluli en Mthunzi het Manana, Buthulezi se vriendin, na Orange Farm geneem waar hulle Tshidi en Oupa gevind het. Die egpaar is na die polisiestasie geneem waar hulle aangerand is.

Oupa is op 17 Februarie 1999 doodgeskiet.

Oupa se familie het die volgende dag die moord by die polisie aangemeld. Oupa het glo doodsdreigemente gekry nadat hy met Tshidi getrou het. Hy het ‘n saak van poging tot moord geopen kort voor sy dood.

Volgens die klagstaat het Mdluli die polisiedossiere rakende van die voorvalle laat verdwyn om te verseker dat hy nie ondersoek of vervolg kan word nie.

Lees ook:
Mdluli word nie vir moord vervolg nie
Sommige aanklagte weer teen Mdluli ingestel
VF Plus verwelkom Mdluli se vervolging
Mdluli weer onder vergrootglas
Mdluli-aansoek slaag
Mdluli weer in hof vir appèlaansoek
Nuuskommentaar: Murphy’s law vir Richard Mdluli
“Richard Mdluli moet teregstaan”
Mdluli: Nog ʼn spyker in die doodskis
Mdluli-hofsaak tot 21 Junie uitgestel
Hof beslis teen Mdluli
Mdluli hol na arbeidshof
Mdluli vir die tweede keer geskors
President ontken gerugte oor Mdluli-brief
Mdluli-skuif los nie probleem op nie, sê AfriForum
Mdluli uit sy amp “geskuif”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.