Bewerings van rassisme by Wynberg-skool ondersoek

Wynberg Girld High School

Wynberg Girld High School

Die Wes-Kaapse departement van onderwys het bevestig dat hy ondersoek instel oor bewerings van rassisme en diskriminasie deur leerlinge by die Waterloo-koshuis by Wynberg Girls High School.

Leerlinge het Maandag ʼn verklaring aan die media en op sosialemedianetwerke vrygestel met bewerings van rassisme, diskriminasie en wangedrag. ʼn Beampte van die departement het Maandagmiddag die skool besoek en met die leerlinge vergader nadat hulle hul eksamen afgelê het.

Debbie Schafer, provinsiale LUR vir onderwys, het gesê die departement sal ʼn ondersoek van stapel stuur oor die bewerings en die leerlinge sal nie op enige manier geviktimiseer word omdat hulle hul besware geopper het nie. “Die streeksbestuurder het haar selfoonnommer aan die koshuisleerlinge verskaf en gesê hulle kan haar te enige tyd kontak,” het Schafer bygevoeg.

Sy het gesê die departement sal tydens die ondersoek in gedagte hou dat die leerlinge besig is met hul eksamen, wat eers op 28 November klaarmaak. “Ons doen ʼn beroep op die media om dit ook te respekteer en nie skoolbedrywighede te ontwrig nie.”

Schafer het verduidelik daar is nie ʼn tydlyn vir die ondersoek nie, aangesien dit ʼn deeglike proses sal wees wat onderhoude met alle betrokke partye sal insluit.

“Ek wil leerlinge ook daaraan herinner dat hulle enige ernstige besware direk by die departement kan aanmeld deur die Safe Schools-hulplyn by 0800 45 46 47.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

lettie ·

Solank die aantygings werklike gronde het en die leerlinge nie die onderwyser viktimiseer nie.

Piet Piper ·

“Wanting to be someone else is a waste of the person you are and………………the worst loneliness is to not be comfortable with yourself………”Marilyn Monroe and mark Twain”
The man who does not value himself, cannot value anything or anyone……..

Theresa ·

Wel, skool is nie ‘n modevertoning nie. Die ou poppies en ook die mannetjies moet maar liewer al hul energie en aandag aan hul skoolwerk skenk en minder bekommer hoe fancy hul kan optof skooltoe. Sommer weer die rokke se lengte ook net ‘n entjie bo die knie maag en nie so wip-wip vir flirtasie en aandag aftrek nie. Lekker straf ook vir die kouende massas. A nee a, spoeg uit die kougom – jy gaan in die hoek sit…

Bolander ·

Iemand van ‘n ander ras het nou die dag vir my gesê, hy jou whity!! Waar kan ek die klagte lê asb?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.