Bewerings van “seks-vir-werk” ondersoek

harassment-2Die Oos-Kaapse regering gaan ondersoek instel na bewerings dat regeringsamptenare glo seks geëis het van vroulike interns in ruil vir werk.

Mandisa Titi, woordvoerder van die provinsiale regering, sê die bewerings het regeringsleiers onkant betrap aangesien daar geen rekord is van klagtes wat by die relevante instellings of wetstoepassingsagentskappe aanhangig gemaak is nie.

“Die direkteur-generaal, as hoof van die provinsiale administrasie, het nietemin besluit om ‘n ondersoek na die bewerings van stapel te stuur.” Ngaka Mosehana, hoof van die veiligheidsdepartement, sal ‘n span van vier beamptes in die ondersoek lei.

Die ondersoek sal van 17 Junie tot 11 Julie plaasvind. “Die beweerde oortreders sowel as die beweerde slagoffers sal nie geviktimiseer word as ‘n gevolg van hul deelname aan hierdie proses nie,” het Titi gesê.

The Herald het vroeër berig dat sommige beamptes in die provinsiale wetgewer by die skandaal geïmpliseer is. Die bewerings het verlede maand in die wetgewer aan die lig gekom. Die kontrakte van interns wat glo versoeke vir seks geweier het se kontrakte is glo nie hernu nie.

Die koerant het berig dat die vakbond Nehawu die speaker van die wetgewer, Noxolo Kiviet, versoek het om die bewerings te ondersoek.

Die Daily Dispatch het Woensdag berig dat Fikile Xasa, LUR vir plaaslike regering en tradisionele sake, ‘n beroep gedoen het op slagoffers van die skandaal om na vore te kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Henk Celliers ·

Ons moet ophou om SA te beoordeel op westerse,Christelike normes,en elke keer geskokwees oor bedrog,wreede moorde,verkragtings,harte van vermoordes wat geeet word,ek het vir 60jr met hulle kultuur oud geword,het swart tale gepraat voor ek my moeder taal gepraat het,is betrokke vir 30jr by sending,daar is dinge wat geneties in geteel is wat baie,baie moeilik verander kan word,ek luister altyd met n glimlag na sogenaamde afrika kundigges,wat nie eers hulle taal kan praat,oor sommigge van hul uitsprake,soms belaglik,vra mense wat eerste hands kennis het.Perspektiewe en gesindhede sal totaal verander,as politieke korrekteid nie altyd hoef gehandhaaf te word nie”jy sal die Waarheid ken,en die waarheid sal jou vrymaak”vrede

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.