Die Gautengse departement van onderwys het bevestig hy ondersoek ernstige aantygings van seksuele aanranding deur ʼn onderwyser by die Kodumela Primary School in Pretoria.
Nege leerders word by die beweerde seksuele aanranding betrek.
Oupa Bodibe, woordvoerder van die departement, het gesê die onderwyser het glo verlede week by die skool aan leerders se privaatdele gevat.
“Beamptes van die departement het die skool reeds besoek. Die ondersoek sal binnekort afgehandel word,” het Modibe gesê.
Modibe het ook bevestig die onderwyser is vandag van sy skorsing in kennis gestel.
“Leerders kan dus Maandag sonder vrees skool toe gaan,” het Modibe gesê.
Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, het gesê dit is teleurstellend om van sulke aantygings te hoor.
Ja dit teleurstellend want dit is nie by ‘n “wit” skool wat die afskuwelike dinge plaas vind nie.
100%
Ek wonder of enigeen van die regeringsamptenare ooit terugdink aan wat Mabel Jansen gesê het voordat sy as regter bedank het.
Goeie vraag maar hoogs onwaarskynlik.
Onderwysers , pastore , dwelm handelaars , korrupte sakemanne , nog meer korrupte regerings amptenare …die kinders in die land word verinneweer !
Wat? Het die LP nog nie self die skool besoek nie? Hy is mos altyd eerste daar as daar bewerings van moeilikheidheid teen swart leerders is…. o, wag, die onderwyser is seker nie wit nie.
Net So!
As dit bewerings van rassisme was, het Panyaza Lesufi onmiddelik die skool besoek soos altyd, en as dit wit op swart rassisme was het hy die media saamgesleep.