Bewerings van verkragting by tydelike skuiling

Argieffoto

Die vroue- en kinderregteorganisasie #NotInMyName het gesê bewerings dat ʼn 18-jarige meisie op Goeie Vrydag by ʼn tydelike skuiling in Strandfontein in die Wes-Kaap verkrag is, is uiters kommerwekkend.

“Niemand is nog in verband met die verkragting in hegtenis geneem nie,” het Mo Senne, woordvoerder van die organisasie, Sondag in ʼn verklaring gesê. “Dit is betreurenswaardig dat daar verskeie klagtes is oor die lewenstoestande by dié skuiling en die provinsiale regering het dit nog nie getakel nie.”

ʼn Vrou by die skuiling was glo ook “ontroosbaar” tydens ʼn onderhoud en het gesê daar is nog nie enige toetse op enige van die inwoners gedoen nie.

“Suid-Afrika het ʼn geskiedenis van skuilings, wat gereguleer moet word, maar inwoners onmenslik behandel word. Hierdie skuilings is aangemeld by die betrokke beamptes, soos die departement van maatskaplike ontwikkeling, maar dit was alles tevergeefs. Hulle deure bly oop.”

Senne het gesê polisieminister Bheki Cele het onlangs gesê die getal oproepe na die bevelsentrum vir geslagsgebaseerde geweld is buite verhouding met die inhegtenisnemings daarna.

“#NotInMyName is dus moedeloos dat die Suid-Afrikaanse regering nie die behoeftes van kwesbares prioritiseer nie.” Die organisasie doen ʼn beroep op Stad Kaapstad om alle klagtes oor tydelike behuising te ondersoek en dadelik ʼn inhegtenisneming te verseker. “As burgemeester Dan Plato korrek is dat die skuiling gereguleer word, dan behoort dit nie moeilik te wees om die ondersoek vinnig af te handel nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Anel ·

Dit wys jou net. Gee net mooi niks om vir die mees weerloses van die weerloses nie. Baie meer mense gaan doodgaan aan iets anders as die virus. Sorg dat mense genoegame voedsame kos en genoeg water kry, dan sal minder mense siek word. Hoe gesonder mense is hoe minder is die kans dat mense gaan siek word. In elke geval dit wys net hoe kyk our people na hulle eie our people. Belowe hulle sal veilig en versorg wees. Die rykes wat hulle wil afdwing. Komunisme in sy ergste graad.

Michael 1 ·

Wie doen so iets in n tyd van nood waar hy gehelp word om sy omstandighede te verbeter my straf vir hom sou gewees het dood voor n vuurpeloton.

Ronel ·

Dis kommerwekkend dan daar so baie geweld teen vroue, kinders en bejaardes tydens die lockdown voorkom. Bewys weereens almal bly nie binne. Altyd uitgelewer aan geweld.

Steady Eddie ·

‘n Skuiling is veronderstel om ‘n “Veilig Hawe” vir behoeftiges te wees !!!
Ek vra weer, wie kyk na die wie behoort vir ander om te sien ???
Kommunisme werk in teorie – waar almal gelyk moet wees, maar in die praktyk is party mense “meer gelyk as ander !!!
Ek sê maar net …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.